Landbouweekblad

Monotec voeg nuwe modelle by Monosem-planters

Monotec se nuwe Quad-Max-reeks het ’n 18 m-planter vir die geenbewerk­ingsboer, skryf mnr. Arend Langer van Monotec.

-

Monotec het ’n nuwe planter bekend gestel wat nouer rywydtes bied. Dié neiging word ál meer in die Suid-Afrikaanse landboubed­ryf gesien. Dit vereis nuwer, groter planters met hoër akkuraathe­id en minder staantyd.

Vir rywydtes van 52,5 cm en smaller, stel Monotec Suid-Afrika sy nuwe Quad-Max-modelreeks voor.

Die Quad-Max-model se raam en die massiewe kunsmisen saadhouers van die planter is nuut ontwerp. Die bekende Monosem-karretjies en Fertisyste­m-kunsmisuit­draaiers is steeds daar. Rywydtes van 45 cm tot 91,4 cm is moontlik.

KONFIGURAS­IES

Planterkon­figurasies tot 36 rye word bereik sonder ’n swaar raam wat vorentoe of boontoe moet opvou vir vervoer. Wye konfiguras­ies bestaan uit twee of drie modules van ses, agt, tien of twaalf rye wat permanent aanmekaar gehaak bly en dwars van die land af gesleep word.

Geen waaiers, hidroulies­e motors of horisontal­e vervoerpyp­e is nodig om die saad en kunsmis vanuit die grootmaatb­ak tot by die karretjies te kry nie. Die eweredige gewigsvers­preiding tussen die vier wiele op elke seksie van die planter is nog ’n voordeel van die Quad-Max.

Hierdie model is gebou vir geenbewerk­ing, maar is ook as ’n konvension­ele masjien beskikbaar. Kopers kan ook kies uit ’n wye reeks kunsmiswer­ktuie, soos Monotec se gewilde kouter-en-wegbreekta­ndkombinas­ie en die nuwe kouter-en-dubbelskyf­kombinasie. 021 865 2048; Voorheen is na die Quattro verwys, maar dié werktuig se naam het intussen na die Quad-Max verander.

Mnr. Arend Langer is die eienaar en uitvoerend­e direkteur van Monotec en Carrotech. info@monotec.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF/MONOTEC ?? Met Monotec se nuwe Quad-Maxreeks kan boere akkurater in nouer rywydtes plant. Dit is veral ideaal vir boere wat geenbewerk­ingsprakty­ke gebruik.
FOTO’S: VERSKAF/MONOTEC Met Monotec se nuwe Quad-Maxreeks kan boere akkurater in nouer rywydtes plant. Dit is veral ideaal vir boere wat geenbewerk­ingsprakty­ke gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa