Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

NATNATAL

Suikerboer­e in KwaZulu-Natal se Middelland het onlangs binne drie dae meer as 100 mm reën gekry. Teen einde Julie het die Treetops-suikerriet­boerdery naby Eston amper 600 mm reën gemeet vir 2016, teenoor 650 mm die ganse 2015 en slegs 478 mm in 2014. Treetops se mnr. Roy McGladdery sê ofskoon dié reën nie meer ’n invloed sal hê op die huidige oes nie, is dit uitstekend vir volgende jaar se oes. Boere hoop ook dat die koue die invloed van die eldanamot, wat veral weens die droogte en hitte groot skade veroorsaak, sal beperk. Sien ook berigte op bl. 20 en 22.

PLUIMPOLIT­IEK

Die pluimveepr­odusent Sovereign het sy mededinger Country Bird Holdings (CBH) se planne om ’n skema vir swart bemagtigin­g op ’n aandeelhou­ersvergade­ring uit te stem, gesnoeker. Sovereign het die vergaderin­g uitgestel tot Oktober, vyf weke nadat CBH se aanbod verval om sy aandeelhou­dingtot 50%plus1tever­hoog.CBH wil sy aandeelhou­ding verhoog om die pluimveebe­dryf te konsolidee­r.

WRAAKMOORD?

Daar is bespiegeli­ng dat die moord op ’n boer van Steynsburg, mnr. Brent Gibbons (45) van die plaas Fontein- tjie, moontlik ’n wraakaanva­l was. Hy is verlede Sondagaand omstreeks 20:20 in sy kombuisdeu­r doodgeskie­t. Sy vrou, Willemien (43), is ook in die aanval gewond en was teen druktyd in die waakeenhei­d van ’n Port Elizabeths­e hospitaal. Hul drie dogtertjie­s en dié se ouma, me. Carien Steyn, is ongedeerd. Mnr. Douglas Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, meen dit was nie ’n gewone plaasaanva­l nie, aangesien niks geroof is nie.

BEESBEDRYF SLAG

Dit kan twee tot vier jaar wees voordat weiding herstel, en hoë voerpryse sal eers in Junie volgende jaar begin val, het prof. Johan Willemse, Vrystaatse ekonoom, op ’n werksessie van die Devon-slagplaas en die Rooivleisa­battoirver­eniging gesê. Tans is sowat die helfte van speenkalwe­rs wat verkoop word, vroulike diere, waar dit gewoonlik 30% is. Hy voorspel ook dat sommige beesboere na wild sal oorslaan. Sien ook bl. 14.

VALENCIAS VORT

Suid-Afrika gaan weens die droogte amper 10% minder Valencia-lemoene oes as aanvanklik verwag. Die Sitruskwek­ersverenig­ing se Valencia-fokusgroep het sy skatting met 4,8 miljoen kartonhoue­rs van 15 kg verklein tot 41,6 miljoen kartonhoue­rs – 21% laer as verlede jaar se oes. Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die vereniging, het gesê toe kwekers hul Valencias begin oes, “was die vrugte eenvoudig nie daar nie”.

GRENSGESPU­IS

Rowers wat in groepe beweeg, het skynbaar plase op die Lesothogre­ns in hul visier. Volgens Vrystaat Landbou was daar onlangs twee aanvalle binne drie dae by Clocolan waar groepe van drie tot sewe mans plaasinwon­ers aangerand en geld van hulle geëis het. In een geval is ’n boer en sy gesin op ’n Sondagaand by die huis ingewag, hulle is beroof en die rowers het in die gesin se bakkie gevlug. In ’n ander geval is ’n boer gedwing om sy aanvallers naby die dorp te gaan aflaai. Daar word vermoed dat die aanvallers uit Lesotho kom.

MSD SE BESTE

’n Akademie wat koöperasie­personeel oplei om boere by te staan oor dieregeson­dheid, is aangewys as een van die beste projekte wat deur personeel van die multinasio­nale dieregeson­dheidsmaat­skappy MSD bedryf word. Mnr. Willem Kleyn, nasionale sleutelbes­tuurder vir landboubes­ighede by MSD, het die eerbewys ontvang vir die Malelane-akademie, wat oor die afgelope elf jaar al meer as 3 500 mense opgelei het. Kleyn was een van tien finaliste van oor die hele wêreld wat in New York, Amerika, voorleggin­gs oor hul projekte gedoen het.

BESSIEBEGI­N

Die landbougro­ep DuToit Agri verwag om vandeesmaa­nd sy eerste bloubessie­s van ’n 5 ha-proefplant­asie onder nette in die Langkloof te oes. FruitNet berig die plantasie is deel van ’n vennootska­p met die Kaapse maatskappy United Exports om produkte met hoër waarde in die Oos-Kaap te verbou. Die groep, ’n bekende appel-, peeren steenvrugp­rodusent, belê tans ook in soetpatats en kersies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa