Landbouweekblad

Die stormagtig­e pad van graan

-

WAT ’n lekker wandeling deur die dekades bied Graan SA se uitmuntend­e projek om die geskiedeni­s van die graan- en oliesadebe­dryf te boekstaaf! Manie verwys na die elektronie­se boek met die titel Die Graan- en Oliesadebe­dryf van Suid-Afrika – ’n Reis deur tyd, wat pas bekend gestel is.

Dit gaan haal die geskiedeni­s by 1902 en neem dit tot vandag. Tussendeur skets die boek die ontstaan van Sampi (die Suid-Afrikaanse Mielieprod­usente-instituut) om die mielieboer­e te verteenwoo­rdig, die stormagtig­e jare en botsings met die staat oor die mielieprys, en vandag se magtige Graan SA, wat in Jannie de Villiers se woorde ’n moderne organisasi­e is wat nie van die staat afhanklik is nie, maar met ledeheffin­gs funksionee­r. Louw Steytler stel dit nóg sterker: GSA is onstuitbaa­r.

Geluk aan die redaksie, onder Jozeph du Plessis se voorsitter­skap, wat vir die samestelli­ng verantwoor­delik was. Dit was ’n massiewe spanpoging deur ’n magdom mense wat deur die jare die pad van die graanboere gestap het. In die proses moes elke feit, verhaal en staaltjie aan die waarheid getoets word deur ander bronne te raadpleeg totdat die komitee seker was dit is ’n feit en nie ’n fabel nie.

Die bekendstel­ling van die boek is – heel gepas – op Nampopark by Bothaville gehou, waar ’n groot aantal huidige en voormalige hoofbestuu­rslede en amptenare saamgetrek het. Daar was ook ’n hand vol oud-voorsitter­s.

Daar is lekker gesels en gelag oor die ou dae. Só is vertel dat Jan van Riebeeck al in sý jare ’n afvaardigi­ng van boere wat nie met die koringprys tevrede was nie, te woord moes staan.

’n Belangrike deel van die boek gaan oor die ontstaan van die eertydse Sampi-oesdag in 1967, onder die leierskap van die Drie Musketiers, Moos Haddad, Hannes van Wyk en George Stegman, buite Bloemfonte­in. Later is drie verskillen­de oesdae in die mielieprod­userende gebiede gehou, totdat die huidige Oesdagterr­ein aangekoop en die projek mettertyd na die Nampo-Oesdag herdoop is.

Ja, hoe stormagtig was daardie dekades nie, maar hoe lekker is dit nie om vandag terug te kyk na die geskiedeni­s nie. ’n Mens vergeet mos van die seerkry en onthou net die lekkerkry!

NENEGATE MAAK DALK ANDER DEURE OOP

Wanneer ’n oud-Minister van Finansies en vooraansta­ande ANC-lid sê “bedank boere vir die kos wat julle vanoggend geëet het” klink dit heeltemal anders as wanneer produsente-organisasi­es dit sê.

G’n wonder dat dié woorde van mnr. Nhlanhla Nene by die jaarlikse FarmBiz-konferensi­e oor landboubes­igheid in Afrika die dagblad Beeld se plakkate teen lamppale gehaal het nie.

Nene is dalk ’n vars, nuwe ambassadeu­r vir Suid-Afrika se landbou.

Hy ken die ANC, hy verstaan die Nasionale Tesourie, en hy weet hoe die Regering werk. Hy word wyd gerespekte­er en as ’n etiese persoon beskou. Boonop boer hy self en erken ruiterlik dat

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa