Landbouweekblad

‘Nuwe toetreders moet finansieri­ng kry’

- LUCILLE BOTHA

FINANSIERI­NG vir nuwe toetreders tot die landboubed­ryf moet ’n groot voorrangsa­ak vir die georganise­erde landbou wees, meen dr. Edwin Hertzog, een van Suid-Afrika se bekendste sakeleiers.

“Ek dink die landbou is werklik belangrik vir die opheffing van gemeenskap­pe en werkskeppi­ng in Suid-Afrika. Om ’n boerdery of ’n ondernemin­g te begin, het jy kapitaal nodig, maar ons almal weet die wêreld staan op sy kop wat dit betref. Wanneer jy geld die nodigste het en wanneer die grootste probleme en risiko’s jou in die gesig staar, wil niemand vir jou geld leen nie. Maar as jy eendag suksesvol is, dan val almal oor hul voete om vir jou geld te leen,” het Hertzog, die stigter en nie-uitvoerend­e voorsitter van MediClinic Internasio­naal en eienaar van ’n melkplaas in die Suid-Kaap, op Agri Wes-Kaap se kongres op Goudini gesê.

“As ’n mens iets wil begin waar die risiko hoog is, dan moet jy gewoonlik staat maak op ‘fools, family and friends’ om vir jou geld te leen,” het hy een van sy seuns, wat by waagkapita­al betrokke is, aangehaal.

MediClinic is in 1986 teen ’n waarde van R170 miljoen genoteer. Die familie-ondernemin­g Remgro, waar Hertzog destyds aangesluit het, was bereid om R85 miljoen daarin te belê.

“So my geld om MediClinic te begin het ook deur ’n familie-

verbinteni­s gekom. Dit gebeur natuurlik in die landbouwêr­eld ook, maar as ons nuwe toetreders wil hê, moet ons entreprene­urs en ander finansieri­ng as ‘fools, family and friends’ kry.”

Hertzog meen dis ’n goeie inisiatief vir Agri Wes-Kaap om ’n fonds daarvoor op die been te bring. “Finansieri­ng bly een van die belangriks­te aspekte om in die landbou aan te roer.”

GELEENTHED­E EN GROEI

Volgens Hertzog is daar nie “goue reëls” om goeie geleenthed­e raak te sien nie. “Al wat ’n mens kan sê, is: Jy moet maar op jou tone bly. Dit help natuurlik nie jy sien net die geleenthei­d

raak nie, jy moet dit benut ook.”

Wanneer ’n boer eers sukses bereik het, is die volgende probleem om te groei.

“Jy moet besluit of jy wil groei in jou kernbesigh­eid of in verwante ondernemin­gs. Onthou, dít wat vir jou na die aantreklik­ste of maklikste manier lyk om nóg geld te maak, lyk waarskynli­k vir ander boere ook so. Daar waar die meeste heuning geskep kan word, kan jy die meeste bye verwag.”

Hertzog besit Rietvallei, ’n melkplaas van 1 934 ha aan die voet van die Langeberge naby Suurbraak in die Suid-Kaap al sowat 20 jaar. Daar word elke dag 900 Jersey-koeie gemelk.

‘As ’n mens iets wil begin waar die risiko hoog is, dan moet jy staat maak op

om vir jou geld te leen.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa