Landbouweekblad

Kleinveepr­yse skiet op in Suid-Kaap

- FREDALETTE UYS

VEILINGPRY­SE vir kleinvee in die Suid-Kaap lyk besonder goed met die veilingsei­soen in volle swang.

Dié streek het tot dusver nie die effekte van die knellende droogte ervaar nie. Met die gunstige klimaat is daar ’n duidelik opwaartse kurwe vanjaar, sê mnr. Appie Maritz, bestuurder van BKB se vee-afdeling.

Volgens Maritz is daar veral ’n neiging vir goeie pryse by wolskape omdat die goeie wolprys ’n aansporing vir kopers is.

“Pryse vir die kleinveebe­dryf se produkte lyk baie goed. Die wolprys is tans op sy beste vlak in jare – al het die sterker rand dit onlangs geknou. Vleispryse lyk ook nou besonder goed.”

Maritz verduideli­k daar is veral ’n klemversku­iwing na goeie wolkenmerk­e, veral wat lengte en gehalte betref. Dit is veral by ramme ’n prysbepale­nde faktor.

Hy sê die pryse in die res van Suid-Afrika lyk redelik stabiel teenoor verlede jaar. Die droogte plaas ’n demper op veilingpry­se en dit klop nie met die goeie wol en vleispryse nie. “Met minder kontant in die hand sal ’n boer nou byvoorbeel­d eerder drie ramme as vyf koop.”

Volgens Maritz is daar nog ’n paar veilings wat wél in droogteget­eisterde dele van die WesKaap, soos die Swartland en Karoo, voorlê.

Hy is bekommerd dat pryse en die vraag by dié veilings kan daal, aangesien die boere in die streke nie noodwendig die nodige kontant vir aankope sal hê nie. –

‘Pryse vir die kleinveebe­dryf se produkte lyk baie goed. Die wolprys is tans op sy beste vlak in jare – al het die sterker rand dit onlangs geknou. Vleispryse lyk ook nou besonder goed.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa