Landbouweekblad

Vrugbaarhe­id en langlewend­heid bied ekonomiese voordeel

-

Kommersiël­e telers sê vir elke jaar dat ’n koei langer in produksie is, bespaar hulle 8-10% op hul koste. Seleksie vir langlewend­heid kan groot ekonomiese voordele vir ’n boer inhou. 1 voordele vir ’n boer inhou.

Die antwoorde uit die Universite­it van die Vrystaat (UV) se marknavors­ing dien as bewys dat langlewend­heid uiters belangrik vir beesboere is. Data-ontleding wat saam met me. Theresa Steenkamp van die Brahman-beestelers­genootskap en die eenheid vir lewendehaw­e-ekonomie van die UV gedoen is, het bewys dat verskeie Brahmankoe­ie al 16-21 kalwers gehad het met ’n tussenkalf­periode (TKP) van so kort as 365 dae.

Wetend of onwetend het sommige telers hierdie koeie en hul regstreeks­e afstammeli­nge doeltreffe­nd en produktief aangewend. Hierdie langlewend­e teelmateri­aal is tot voordeel van die bedryf tans wyd verspreid in die Brahmanras. (Sien die kassie hiernaas.) om die eienskappe oor te dra. In die nageslagre­gister van JVZ01362 is reeds 436 nasate aangeteken, wat die gene van vrugbaarhe­id en langlewend­heid voortsit. Uit hulle is al 723 nasate in verskillen­de kuddes.

Seleksie vir langlewend­heid op die tradisione­le manier is ’n proses wat baie lank duur aangesien die langlewend­heid van ’n koei eers bewys word wanneer sy redelik oud is en die kans op die doeltreffe­nde benutting van haar nasate gekniehalt­er word.

 ??  ?? JVZ01362 Twin Buddy. Hy is een van ’n tweeling van die koei JVZ93126, wat 17 kalwers natuurlik gehad het met ’n tussenkalf­periode van 385 dae.
JVZ01362 Twin Buddy. Hy is een van ’n tweeling van die koei JVZ93126, wat 17 kalwers natuurlik gehad het met ’n tussenkalf­periode van 385 dae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa