‘TOEKA’ VATHAAR TERUG PLAAS TOE
Die bydrae “Boer maak eie skoene” in “Van toeka se tyd” (LBW, 22 Julie) het betrekking. Wat ’n ongelooflike verrassing was dit om die herhaling van die artikel te sien! My gedagtes het met nostalgie teruggegaan na die rooi sand van my geboorteplaas, Katbosdam, in die Noord-Kaap.
Ja, dit was my pa, Pieter Cronjé, wat so sorgsaam daardie velskoene gemaak het. As dogtertjie het ek ure lank by hom gesit en sy behendigheid dopgehou as hy daardie sole vaswerk. Die looiproses was dan agter die rug en hy het die produk van weke se werk tot sy gerieflike stappers verwerk.
Hy het selfs toe ons klein was vir ons skoentjies gemaak – regte dogtertjieskoene met ’n bandjie oor die brug van die voetjies.
Ek het dikwels die gebreide skaapvelle vasgehou, sonder om te beweeg, want daardie riempies was egalig dun gesny met ’n vlymskerp knipmes wat telkens onder sy skoen geslyp is. Daarmee het hy dan die skoene vasgewerk.
Daar was die tuie vir die perde, wat met sorg en trots gemaak is. Die instandhouding daarvan was sy trots, want dit moes met tussenposes gepoleer word om die leer te voed en sag te hou.
Die looiery was maar deel van die plaaswerk en as kind was die hele verloop daarvan vir my eintlik onbekend. Ek het net geweet in die looikuip is daar velle wat stink. Ek het van my moeder se kosresepte geërf en ná soveel jaar het ek nou my pa se looiresep deur LBW bekom.
Die plaas is nie meer in die familie se besit nie, maar wel die ryke herinneringe vir kind en kleinkind. Baie dankie vir dié verrassing en die versterking van kosbare herinneringe. PETRO COMBRINK in ’n dagblad gelees het dat Eskom nie meer belang stel om groenkrag-kontrakte te sluit met maatskappye wat geen verbintenis met Eskom het nie. As boer wat aangewese is op elektrisiteit van watter aard ook al, is dit onrusbarende nuus.
Terwyl Eskom nee sê vir nuwe groenkrag-kontrakte van boere, soos ek, het hy self planne vir ’n windplaas by Kleinsee. Eskom bewys weer dat hy nie die ekonomie wil help met goedkoper krag nie en nóg minder die ontwikkeling en vooruitgang van die boer op die hart dra. Hoekom bestaan Agrilek, wat hoeka deur Eskom self op die been gebring is, nie meer nie? Sy onwilligheid om aan kleiner, onafhanklike opwekkers geleenthede te gee, bewys ook dat die staat se belanghebbendes nie almal dieselfde deuntjie sing ten opsigte van hernubare energie nie.
Dit is mos onmoontlik dat groen krag se limiet bereik is. Suid Afrika is dan ’n “ontwikkelende” landbou-land. As Eskom genoeg krag kan opwek, hoekom is Tasman RSA so gretig om uraan in die Karoo te myn? Die uraan gaan beslis vir kragopwekking gebruik word.
Eskom is duidelik gretig om krag teen sy eie prys met ’n wins te verkoop. Die landbou sal moet oppas dat die maatskappy nie via die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) besluit om ’n heffing te plaas op groen krag nie. Eskom is ’n meester as dit by heffings kom – vra my.
Ek wil ’n ernstige beroep op die TLU SA en Agri SA doen om “sagte” lenings by finansiële instellings te beding vir groenkrag-ontwikkeling in die landbou, ongeag hoe klein of groot Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die komplimente van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,
Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou. com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik. Vandeesweek se wenbrief is deur
geskryf. die boer is wat dit nodig het en hoe groot die stelsel is wat hy of sy wil oprig.
“Eskom se direksie maak ’n bespotting van homself ten opsigte van sy onlangse uitsprake en verbintenisse teenoor hernubare energie in die energie-mengsel,” het mnr. Moeketsi Tobela, hoof van die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging, onlangs laat hoor.
Om Eskom as ’n bondgenoot in die landbou te vertrou, is so goed as om wolf skaapwagter te maak. Te midde van die swak ekonomie is ek seker finansiële instellings sal gretig wees om met die landbou sake te doen. JOHN THEUNISSEN