Landbouweekblad

HULLE HET GEWEN!

-

van die plaas De Cypher by Carnarvon wat ’n reeks werktuie ontwerp het waarmee hy water en elektrisit­eit bespaar. Dit bestaan onder meer uit ’n waterpomp wat self aan- en afskakel, ’n stelsel om mielies met wind-, son- en swaartekra­g te besproei en ’n hyser waarmee hy take hoog in die lug kan uitvoer. Hy wen R1 000.

NAVRAE: Sel 082 954 6873; e-pos: mjmuller@vodamail.co.za. JUNIE se wenner is MNR. KOOS GELDENHUYS van die plaas Uitkyk by Riversdal wat ’n super-dipstelsel ontwerp het waarmee hy tot duisend skape per uur kan dip – twee keer meer as ’n tradisione­le dipstelsel waarmee net sowat 500 skape per dag moontlik is. Dit bestaan uit houkrale, ’n drukgang en ’n glyplaat waarlangs die skape tot in die dipsloot afgly. Hy wen twee pare Wolverine-skoene ter waarde van R3 400.

NAVRAE: Sel 082 416 5062; e-pos: kola@intellect.co.za.

JULIE se wenner is MNR. DIRK DU PLESSIS van Verdeeld, Koppies, wat saam met sy seun, Ben, met ontwerpe vorendag gekom het wat skaapwerk vlotter laat verloop. Daar is onder meer ’n voerder wat outomaties volgehou word en ’n ou wolpers wat van elektriese aandrywing voorsien is. Hulle kan byna alle take op die plaas manalleen uitvoer. Hulle wen twee pare Wolverine-skoene ter waarde van R3 400.

NAVRAE: Dirk, sel 082 400 8283; e-pos: dplessisja­ne@ gmail.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa