Landbouweekblad

Melk se vreemde bedmaats

-

MANIE het die grootste simpatie met melkboere en die krisis waarin hulle hulle bevind. As voerkoste met tussen 200% en 300% styg en melkpryse styg nie saam nie, kan ’n mens die omvang van die verknorsin­g verstaan.

Daarom kan Manie ook verstaan hoekom selfs ’n vreemde bedmaat soos Tony Ehrenreich van Cosatu sy gewig agter die bedryf en die georganise­erde landbou wil ingooi om die omvang van die finansiële krisis onder die aandag van ’n organisasi­e soos Nedlac (die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkeli­ngsen Arbeidsraa­d) te bring.

Soos Tony heeltemal tereg sê, is ’n bedryfspla­n om die suiwelbedr­yf weer op koers te kry dringend nodig, want “as een swaar kry, kry almal swaar in die bedryf – ook die werkers”.

Die besluit oor vertoë aan Nedlac is op ’n vergaderin­g op Elsenberg geneem. Op die vergaderin­g is ook gekla oor invoer wat op “storting” neerkom, en ’n gebrek aan invoertari­ewe.

Die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) het wel daarna verduideli­k dat die ingevoerde langleweme­lk uit Pole, waarna verwys is, nie as storting beskou kan word nie en dat daar allerlei struikelbl­okke is wat tariewe verhoed, maar daar is oral begrip vir boere se nood.

Dit is duidelik dat vars gedink sal moet word. ’n Voorstel van dr. Chris van Dijk, uitvoerend­e hoof van die MPO, dat melkboere hulself in die toekoms dalk met termynkont­rakte op die JSE teen veranderin­ge in die melkprys moet verskans, maak sommer baie sin. Ook die gedagte dat melkboere voerpryse vooruit moet probeer vasmaak.

Die MPO raai boere aan om hul aandag toe te spits op faktore wat hulle kan beheer, soos doeltreffe­ndheid op hul plase en melkopbren­gs. Hulle moet ook kyk hoe kry sommiges dit reg om steeds geld te maak, hulle moet saamstaan en toerusting deel, en in tegnologie belê in goeie tye.

Dit is alles goed en waar, maar Manie wonder net hoeveel van die bittereind­ers wat oor is, juis die boere is wat reeds alles meestal reg doen, maar hulle steeds nie uit die knyptang kan loswoel nie.

’N VARS BRIES

“Hy praat eers met jou oor geestelike sake en dan oor die landbou,” sê dr. Theo de Jager die anderdag van mnr. Mike Mlengana, die nuwe direkteurg­eneraal van landbou.

Manie se kollega sê hy het self ook gou die geleenthei­d gekry om hierdie merkwaardi­ge man se passie te aanskou. By die Agri Limpopo-indaba het Mike dinge van die grond en dinge van die gees so mooi saamgevat dat boere hom “Laat Heer U seën op hom daal” toegesing het toe hy klaar gepraat het.

Soos wat me. Marna de Lange van die organisasi­e Umsizi Sustainabl­e Solutions in haar spreekbeur­t op die kongres gesê het: “Nou het julle ’n DG vír boere eerder as ’n DG ván die landbou.”

Sien, Mike – en hy verkies om op sy naam genoem te word – weet hoe die landbou vooruitgan­g kan bring. “Ons kon skoolgaan en gaan leer omdat my pa beeste en mielies verkoop het. Die landbou het vir ons deure oopgemaak,” vertel hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa