Landbouweekblad

Winter-oeste lig kop ná droogte

- — MARLEEN SMITH

SUID-AFRIKA se verwagte koringoes kan vanjaar aansienlik groter as verlede jaar se skrale 1,44 miljoen ton wees.

Die Nasionale Oesskattin­gskomitee sê in sy eerste skatting van vanjaar se nasionale oes 1,683 miljoen ton koring word verwag, wat byna 17% meer as verlede jaar s’n sal wees.

Landbouwee­kblad

Dit is grootliks danksy uitgebreid­e aanplantin­gs in die Wes-Kaap en die Vrystaat. Die Wes-Kaap se geskatte koringaanp­lantings is 323 000 ha, wat 13 000 ha meer is as verlede jaar, en die Vrystaat se aanplantin­gs beloop 100 000 ha, wat 20 000 ha meer is.

Die Wes-Kaap se verwagte oes staan op 904 400 ton (54% van die nasionale oes), en die Vrystaat se beraamde produksie is 290 000 ton (17% van die totaal).

Vanjaar se verwagte nasionale oes is nogtans heelwat onder die tienjaarge­middelde van byna 1,85 miljoen ton. Dit sal die der- de kleinste oes van die dekade wees. In 2010 het Suid-Afrikaanse boere net 1,43 miljoen ton koring geoes.

Die verwagte Suid-Afrikaanse kanola-oes is ook heelwat groter as in die droogteget­eisterde 2015. Vanjaar se beraamde 102 000 ton is byna 10% meer as verlede jaar se oes.

Die verwagte moutgars-oes is egter kleiner as die vorige jaar s’n. Die eerste skatting is 271 885 ton, wat 18% minder is as verlede jaar.

SOMERGEWAS­SE

Die komitee se agtste skatting van somergewas-oeste het nie betekenisv­olle veranderin­gs vanaf die vorige raming ’n maand gelede opgelewer nie.

Die geelmielie-oes is effens opwaarts aangepas, met 0,8% tot 4,2 miljoen ton. Dit bring die verwagte kommersiël­e mielieoes op net onder 7,3 miljoen ton te staan, die kleinste in nege jaar.

Die grondbone-oes is met 9% vanaf die vorige skatting verlaag, die sorghum-oes met 7% en die droëbone-oes met net onder 1%.

Die witmielie-, sonnebloms­aaden sojaboon-produksies­kattings is onverander­d gelaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa