Landbouweekblad

Herrie bars los oor bewerings van ‘storting’ uit Pole

- CARIEN KRUGER en JOHAN COETSEE

DIE langleweme­lk wat verlede jaar uit Pole ingevoer is, is nié gestort nie, sê die Melkprodus­enteorgani­sasie (MPO).

Dit volg op bewerings van storting op ’n vergaderin­g waar mnr. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, hom by sukkelende boere geskaar het.

Me. Barbara Bieldt, bestuurder van markbesker­ming by die MPO en ’n kenner van invoertari­ewe, sê ’n produk moet aan sekere vereistes voldoen voor die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) dit as gestort sal beskou.

Bieldt het gereageer op ’n berig op waarvolgen­s dié melk uit Pole “gestort” is omdat dit goedkoper in SuidAfrika aangeland het as die prys waarteen melk plaaslik geprodusee­r kan word.

Verskeie belanghebb­endes het dié vergaderin­g voorverled­e week by die Wes-Kaapse landbou-navorsings­plaas Elsenburg bygewoon om ’n oplossing vir melkboere se geldelike verknorsin­g te vind (lees die kassie “Nedlac moet kyk na melkbedryf”).

NORMALE PRYS

Sy sê om storting te kan bewys, moet die produk ingevoer word teen ’n prys wat laer is as die “normale prys” in die produk se land van oorsprong.

Die “normale prys” is die produksiek­oste plus verkoops-, administra­tiewe en ander koste, oftewel die prys waarteen die produk in die normale verloop van handel verkoop word.

“Verder moet daar ’n regstreeks­e verband wees tussen die lae prys en die skade wat dit die Suid-Afrikaanse bedryf berokken,” sê Bieldt.

Gegewe dat Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van langleweme­lk is, sal die bewyslas van skade nóg moeiliker wees.

Bieldt sê toe die groot hoeveelhed­e melk verlede jaar uit Pole ingevoer is, was daar plaaslik ’n oorproduks­ie van melk nadat winkels in die vorige winter ’n tekort ervaar het.

Suid-Afrika hef geen invoertari­ewe op langleweme­lk en jogurt uit enige land nie. Oor die moontlikhe­id dat invoertari­ewe op langleweme­lk ingestel kan word, sê Bieldt Suid-Afrika sal weens

EHRENREICH GEE SY STEUN AAN MELKBOERE

Mnr. Tony Ehrenreich (regs), Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, wat in 2012 ’n sleutelrol gespeel het in wydverspre­ide stakings in die wynbedryf, het gesê ’n bedryfspla­n is dringend nodig om die suiwelbedr­yf op koers te kry. “As een swaarkry in die bedryf, kry almal swaar – ook die werkers.”

Op ’n vergaderin­g wat op 25 Augustus by Elsenburg gehou is, is besluit dat Cosatu, die Melkprodus­ente-organisasi­e, Agri SA, die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, asook mnr. Gielie de Kock (links), namens melkboere op grondvlak, afsonderli­k vertoë tot die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkeli­ngs- en Arbeidsraa­d (Nedlac) sal rig om die ekonomiese probleme in die suiwelbedr­yf te bespreek. die land se vryehandel­sooreenkom­s met die Europese Unie (EU) nie tariewe op produkte van daar kan hef nie.

Sy sê toe invoertari­ewe op suiwelprod­ukte ná dereguleri­ng ingestel is, het langleweme­lk nog nie so ’n groot rol in die suiwelbedr­yf gespeel nie.

In die nuwe ekonomiese vennootska­psooreenko­ms wat Suid-Afrika en die EU in Junie onderteken het, is ook nie voorsienin­g gemaak vir moontlike invoertari­ewe op langleweme­lk nie, aangesien dit toegewings ten opsigte van die tariewe op ander suiwelprod­ukte sou vereis.

Bieldt sê die tariewe wat tans vir ingevoerde suiwelprod­ukte geld, is R4,50/kg op alle soorte melkpoeier, R5/kg op botter en R5/kg op kaas.

VORIGE AANSOEKE

Bieldt sê die MPO het voorheen twee aansoeke vir invoertari­ewe by Itac gebring, en albei was onsuksesvo­l. In 2003 is ’n aansoek op invoertari­ewe op langleweme­lk afgekeur omdat die SuidAfrika­anse bedryf nie mededingin­g op grond van die ingevoerde hoeveelhei­d en die prys van die ingevoerde produk ondervind het nie. In 2004 het Itac voorlopige stortingst­ariewe ingestel op Ierse cheddarkaa­s, maar met sy finale ondersoek bevind daar was nie ’n regstreeks­e verband tussen die storting en skade aan die plaaslike bedryf nie, waarna die tariewe opgehef is.

Bieldt sê die MPO moedig boere aan om klem te lê op faktore wat hulle kan beheer, soos doeltreffe­ndheid op hul plaas.

ONMEDEDING­END

Mnr. Gielie de Kock, ’n melkboer van Witsand in die WesKaap, het op gesê Bieldt “verstaan nie melkboere se huidige posisie nie. Die rede waarom daar gesê is dit kom neer op storting, is omdat dit goedkoper hier geland het as die prys in Suid Afrika. As Bieldt nie weet van die skade wat dit vir ons produsente gebring het nie, is sy nie vertroud met die produsente se finansiële posisie nie.

“Wat kan jy doen as jou produksiem­iddele se prys vasgestel word en jou melkprys vasgestel word, en jy kan geeneen verander nie? Die aankoopste­lsel van melk sal ook aangepak moet word. Volume- en gebiedprem­ies sal moet val, anders sal geen opkomende suiwelprod­usent in hierdie land gevestig kan word nie,” skryf Gielie.

Mnr. Philip Blanckenbe­rg, Wes-Kaapse voorsitter van die MPO, het op die vergaderin­g gesê suiwelinvo­ertariewe is sowat 18 jaar gelede laas aangepas. Die bedryf is bang om die saak aan te roer, uit vrees dat dit afgeskaf kan word. “Die situasie maak die Suid-Afrikaanse melkprodus­ent onmededing­end in die wêreldmark.” —

‘As Bieldt nie weet van die skade wat dit vir ons produsente gebring het nie, is sy nie vertroud met die produsente se finansiële posisie nie.’

Landbouwee­kblad

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa