Landbouweekblad

ROOIVLEISP­RODUSENTE VRA NASIONALE VEESENSUS

- FREDALETTE UYS

’N PLAN vir ’n nasionale veesensus gaan deur die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye ingedien word om akkurater data oor huidige veegetalle oor die land heen in te vorder.

Die RPO het op sy onlangse nasionale konferensi­e die dagbestuur afgevaardi­g om só ’n sensus te ondersoek en aan die Regering voor te lê.

Die laaste formele veesensus is in die 1990’s uitgevoer. Tans word slegs skattings deur Statis- tieke Suid-Afrika gebruik om die huidige veegetalle te bereken.

Hierdie sensus sal uitgevoer word volgens metodes wat deur die Universite­it van die Vrystaat (UV) ontwikkel is.

BYSTAND

Mnr. Walter van Niekerk, ’n landbou-ekonoom in die navorsings­eenheid aan die UV, sê daar is verskeie redes vir die noodsaakli­kheid van betroubaar­der data oor veegetalle.

“As die Regering opkomende en kleinboere wil bystaan, is die sensusdata belangrik om te bepaal hoeveel mense moet gehelp word en om hulp aan die regte mense te verskaf,” sê Van Niekerk. “As daar nou bek-enklouseer uitbreek, is daar geen betroubare data wat vir die staatsveea­rtse ’n aanduiding kan gee van hoeveel medisyne vervaardig moet word nie.”

Daarby kan hierdie data aangewend word om die omvang van die informele rooivleiss­ektor te bereken en om veediefsta­l te beveg, asook vir beleidsvor­ming, handelsdat­a, kuddebestu­ur en roofdierbe­stuur.

Van Niekerk sê die probleem met die huidige data is nie hoe dit ingevorder word nie, maar die gehalte daarvan.

“Daar bestaan ongelukkig wantroue onder die boere wat die data deurgee aan die organisasi­es wat dit insamel en gebruik. Boere is byvoorbeel­d onder die indruk dat veedata teen hulle gebruik kan word met die toepassing van grondhervo­rming. Daarom verskaf hulle nie noodwendig altyd die regte data oor hul veegetalle nie.”

KOSTE

Van Niekerk sê as so ’n sensus vroeër uitgevoer is, sou hulp aan droogteget­eisterde gebiede beter gekoördine­er en akkurater verskaf kon word.

Die koste van hierdie voorgestel­de sensus sal volgens Van Niekerk etlike miljoene rande beloop as dit landwyd uitgevoer word.

Volgens die RPO rus die verantwoor­delikheid by die nasionale en provinsial­e departemen­te van landbou om Statistiek­e SA met dié sensus by te staan, maar daar is ook geleenthei­d vir ander departemen­te om betrokke te raak. –

‘As daar nou bek-en-klouseer uitbreek, is daar geen betroubare data wat vir die staatsveea­rtse ’n aanduiding kan gee van hoeveel medisyne vervaardig moet word nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa