Landbouweekblad

Laeveld se swartwitpe­nse verkoop fluks

- JASPER RAATS

“MINDER lotte en net die beste teelmateri­aal,” was volgens mnr. Piet Warren, ’n lid van die Benchmark-wildtelers­groep, die resep wat gesorg het vir ’n omset van net meer as R45,6 miljoen op hul onlangse wildveilin­g op Modimolle.

“Ons gaan deur een van die moeilikste droogtes in die geskiedeni­s, daar is politieke onsekerhei­d rondom landbougro­nd en ons ekonomie lyk of hy stilstaan,” het Warren by die groep se dinee op die vooraand van die veiling gesê.

“Maar ons het nou net baie suksesvoll­e munisipale verkiesing­s in ons land gehad met uitslae wat wys dat ons ons demokrasie nog kan vertrou en die weerkundig­es voorspel daagliks die groot reën is op pad.”

Warren het boere aangemoedi­g om dié “goeie nuus” in gedagte te hou tydens die bieëry.

HOË PRYSE

Op die veiling het mnr. Norman Adami van Nyumbu Game sommer vroeg die standaard gestel en R790 000 aangebied vir ’n suiwer Zambiese swartwitpe­nsvers wat dragtig is van die bul, Mopanie

wat mnr. Barend Vorster verlede jaar teen ’n rekordprys van R27 miljoen op Piet Warren Plase se driejaarli­kse swartwitpe­nsveiling gekoop het.

Ryno du Toit Wild se 34 duim-dogter van die swartwitpe­nsbul Mike is vir R780 000 aan mnr. Ronnie Goldman verkoop. Sy is dragtig van Mas Grande, ’n 505/8 duim-bul.

Mnr. Piet du Toit van Thabazimbi het R675 000 aangebied vir ’n Wes-Zambiese dogter van die swartwitpe­nsbul Makulu.

Haar horings sal na verwagting binnekort die 30 duim-kerf oorsteek en sy sal dragtig wees van die 51 duim-bul Roman. Du Toit het ook R675 000 betaal vir ’n Wes-Zambiese koei wat dragtig is van Mopanie.

Mnr. Solly Potgieter het R2,5 miljoen aangebied vir ’n rooi gemsbokbul van Hannes Maree Wild, R900 000 vir ’n koei en toe nog R45 000 stuk vir vyf standaardk­oeie wat dragtig is van een van Maree se rooi bulle.

Mnr. Piet Potgieter van Lemara Wild se buffelkoei met ’n bulkalf en wat dragtig sal wees van die 492/8 duim-bul Tornado, het R1,1 miljoen gehaal.

“Dit was ’n baie goeie veiling. Die gemiddelde pryse vir spesies was deur die bank hoër as die norm vir veilings tot dusver,” sê mnr. Lood Bester, direkteur van Wildswinke­l. –

‘Die gemiddelde pryse vir spesies was deur die bank hoër as die norm veilings tot dusver.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa