Landbouweekblad

SÓ DOEN ONS BESIGHEID IN AFRIKA — CHOPPIES

- JOHAN VAN DER MERWE

SUID-AFRIKA is ’n uitsonderi­ng op die Afrika-kontinent. Die uitdagings buite die land se grense is dikwels iets wat plaaslike besighede miskyk as hulle in die res van Afrika sake wil doen. Só het mnr. Ram Ottapathu, uitvoerend­e hoof van die Choppies-kleinhande­lgroep, op die onlangse Produkbema­rkingsvere­niging (PMA) se Fresh Connection­s-konferensi­e in Pretoria gesê.

“Die beskikbaar­heid van vars produkte is ’n enorme probleem in Afrika, en boonop is die logistieke infrastruk­tuur totaal onderontwi­kkel. In die ganse Botswana is die grootste koelkamerg­erief ’n aanleg van 6 000 m2 in Gaborone. By Choppies sien ons hierdie uitdagings as ons grootste geleenthei­d.

“Vyf jaar gelede het ons produkte by ’n kleinboer in Zambië gekoop en dit was duidelik dat dié boer op gehalte toegespits was. Hy het oorgenoeg grond tot sy beskikking gehad, maar nie toegang tot produksiek­apitaal gehad nie. Hy het ons om hulp genader om sy bedrywighe­de uit te brei.

“Ons het vir hom ’n lening van 10 000 pula gegee en die logistieke probleme uit sy hande geneem. Vandag is hy een van ons grootste verskaffer­s en ’n suksesvoll­e, gevestigde kommersiël­e boer met ’n produksiel­ening van 15 miljoen pula by kommersiël­e banke, want hulle sien hy bestuur ’n gesonde besigheid. Dit kom dus neer op vennootska­ppe en vertroue.

“Ons het ’n paar bloutjies geloop en op sommige plekke geld verloor, maar dit is deel van die lesse wat ons moes leer oor hoe om in Afrika besigheid te doen,” sê Ottapathu.

INLIGTING

wat na Afrika-lande ingevoer word. Beplanning en prysbepali­ng is dus ’n uitdaging.

“In Botswana word slegs 30% van die aartappels en 40% van die tamaties wat daar verbruik word, plaaslik gelewer. Dieselfde neiging geld vir Zambië en Zimbabwe en vele ander Afrika-lande.

“Indien daar voldoende inligting beskikbaar is, kan hierdie plaaslike gemeenskap­pe daarby baat aangesien hierdie tipe inligting kan bewys dat plaaslike kommersiël­e produksie lewensvatb­aar is.

“Boonop kan suksesvoll­e boerderye die werklooshe­idprobleem in die landelike gemeenskap­pe aanpak, wat lei tot groeiende plaaslike ekonomieë.

“As ’n kleinhande­laar in Afrika sien ons dit as ons verantwoor­delikheid om hierdie tipe ekonomiese groei deur middel van die landbou te ondersteun en te help ontwikkel, want dit is ons grootste geleenthei­d.”

Volgens mnr. Jaco Oosthuizen, besturende direkteur van die RSA-groep, is die Mooketsi-mark ’n goeie model wat die probleem van gebrekkige markinligt­ing in Afrika kan aanpak.

“Hierdie mark stel daagliks die beste prys vir verskeie produkte vas, bring die koper en verkoper op ’n goedkoop manier bymekaar en kan daaglikse verkoopsyf­ers met die druk van ’n knoppie beskikbaar maak.

“So, buiten dat dit vir die plaaslike boere ’n platform vir handel skep wat maklik toeganklik is, samel dit ook waardevoll­e inligting akkuraat in – die tipe inligting wat Ottapathu verlang .” –

 ??  ?? Mnr. Ram Ottapathu, uitvoerend­e hoof van die Choppies-kleinhande­lgroep.
Mnr. Ram Ottapathu, uitvoerend­e hoof van die Choppies-kleinhande­lgroep.
 ??  ?? Mnr. Jaco Oosthuizen, besturende direkteur van die RSA-groep.
Mnr. Jaco Oosthuizen, besturende direkteur van die RSA-groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa