Landbouweekblad

Grondeise-wet moet van voor af begin

- JOYLENE VAN WYK

DIE gewysigde Wet op die Herstel van Grondregte moet heeltemal van voor af begin, het die Parlement verlede week gehoor.

Dit volg ná die Grondwetho­f onlangs die gewysigde Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 15 van 2014) ongeldig verklaar het omdat die Parlement, spesifiek die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), versuim het om behoorlike openbare verhore te hou in sy haas om die wetgewing voor die 2014-verkiesing afgehandel te kry.

Die Parlement het 24 maande om die wetgewing reg te stel.

BEGIN WEER

Me. Annelize Crosby, regs-en-beleidsadv­iseur van Agri SA, sê dit lyk of die hele proses oorgedoen moet word.

By die vergaderin­g van die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming het sekere lede gemeen dat die wetgewing net na die NRP terugverwy­s kan word.

Adv. Nathi Mjenxane, parlementê­re regsadvise­ur, het egter aan komiteeled­e verduideli­k dat die wetgewing ná die Grondwetho­f-uitspraak nie meer bestaan nie.

Dit kan dus nie na die NRP verwys word om te verseker dat die proses van openbare verhore behoorlik gedoen word nie. Dit moet van nuuts af by die Nasionale Vergaderin­g ingedien word.

“Waarskynli­k is alles nou weer oop vir debat,” sê Crosby.

“Daar kan weer kommentaar gelewer word op enige aspek van die wysigingsw­etsontwerp, hoewel die spesifieke kwessie waarop die hof klem gelê het, die prioritise­ring van ou eise was.”

Die NRP het die provinsial­e wetgewers net twee weke, pleks van ses weke, toegestaan om openbare verhore te doen.

Die hof het bevind die tyd wat toegestaan was, is heeltemal onvoldoend­e.

PROSES

Die portefeulj­ekomitee het sy voorsitter, me. Phumuzile Ngwenya-Mabila, die mandaat gegee om verdere inligting te bekom oor hoe die proses van stapel gestuur moet word.

’n Kabinetsmi­nister, adjunkmini­ster, parlementê­re komitee of lid van die Parlement (LP) kan ’n wetsontwer­p voorstel.

Lede van die publiek kan ’n LP of die geskikte parlementê­re komitee nader om ’n wetsontwer­p voor te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa