Landbouweekblad

IS DAE VAN UITVOER NA ASIË GETEL?

- JOHAN VAN DER MERWE

SUID-AFRIKAANSE uitvoer na Suid- en Suidoos-Asië – die tuiste van ’n derde van die wêreldbevo­lking – kan binne die volgende drie tot vyf jaar irrelevant raak weens kompetisie van mededingen­de produsente­lande in die Suidelike Halfrond, meen ’n veteraan in die varsproduk­tebedryf.

Mnr. Jason Bosch, direkteur van die uitvoermaa­tskappy Origin Direct Asia in China, doen al bykans tien jaar sake in China en het sewe jaar daar gewoon. Hy het op die onlangse konferensi­e van die Produce Marketing Associatio­n (PMA) in Pretoria gesê Suid-Afrika sal nie met Australië en baie van die Suid-Amerikaans­e lande kan meeding nie.

“Strawwe kompetisie van Australië en lande in Suid-Amerika, wat gunstige handelsoor­eenkomste met Oosterse lande het, kan ons geleenthed­e in die Ooste in die wiele ry,” sê hy. Boonop is die kans skraal vir ’n handelsoor­eenkoms tussen Suid-Afrika en enige van die Oosterse lande wat invoertari­ewe sal uitskakel en kleinhande­lpryse aantreklik­er sal maak.

AGTERSTAND

om in te haal.

“Australië het ook in ’n mate die mark van ‘duur, ingevoerde luuksheid van puik gehalte’ oorgeneem en verdien dus ’n redelike premie opdiemeest­evanhuluit­voernadie Ooste. Dit kan ’n mens slegs regkry met goeie en duur bemarking.”

Mnr. Anton Kruger, uitvoerend­e hoof van die Varsproduk­te-uitvoerder­sforum (FPEF), sê dit is nie so eenvoudig soos om ’n skeepshoue­r vol vrugte te laai, dit in Japan of China af te laai en te wag vir die geld nie.

Die uitdagings is nie net die taalen kultuurver­skille en die bestuur van die logistiek en die kouekettin­g nie, maar ook om te verstaan hoe hierdie markte verkies om hul vrugte en groente te koop en watter gehalte en standaarde in verskillen­de streke verwag word, sê hy.

AFRIKA

Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (SKV), reken Bosch se voorspelli­ngs oor die gebrek aan handelsoor­eenkomste met die Ooste is te ernstig.

“Ons mededinger­s uit Suid-Amerika en Australië is dalk nie blootgeste­l aan die invoertari­ewe soos wat ons is nie, maar ons gehalte is steeds uiters mededingen­d en ons produksiek­oste laer.

“Dit tel uiteraard in ons guns om met samespreki­ngs te begin vir handelsoor­eenkomste, en die SKV het al die Regering hiervan bewus gemaak. Tans is die Regering egter daarop toegespits om handelsoor­eenkomste in Afrika te versterk en uit te bou,” verduideli­k Chadwick.

 ??  ?? Mnre. Jason Bosch, Anton Kruger en Justin Chadwick.
Mnre. Jason Bosch, Anton Kruger en Justin Chadwick.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa