Landbouweekblad

Logistiek pootjie graaninvoe­r

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE beskikbaar­heid van mielies en logistiek is groter bekommerni­sse as hawekapasi­teit, sê mnr. Nico Hawkins, bedryfshoo­f van die Suid-Afrikaanse Graaninlig­tingsdiens, oor die meer as 2 miljoen ton mielies wat na verwagting die komende seisoen ingevoer moet word.

Hy het onlangs by die landbousak­ekamer Agbiz se graansimpo­sium in Centurion gesê Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Richardsba­ai het almal genoegsame aflaaiplek vir groot hoeveelhed­e graan.

“Wat egter ’n bron van kommer is, is die logistieke probleme wat ontstaan wanneer dié kommoditei­t van die hawe na die verwerkers versprei moet word.”

Veral die laai van vragmotors is ’n probleem, en hy het al gesien hoe trokke vir kilometers toustaan by die Durbanse hawe om ingevoerde graan weg te ry.

VOEDSELTEK­ORT

Hy sê Richardsba­ai het hierdie seisoen tot dusver goed gevaar, en glo dié hawe sal in die toekoms ’n goeie opsie wees vir graaninvoe­r as die ander hawens sukkel om betyds graan te versprei.

Suid-Afrika sal heel moontlik ’n miljoen ton wit mielies en net meer as 1,2 miljoen ton geel mielies in die komende seisoen moet invoer, en Hawkins voorsien dat die wêreldwye beskikbaar­heid van wit mielies teen vroeg volgende jaar ’n kwessie sal wees.

“Suid-Afrika sal ook sowat 2 miljoen ton koring invoer, wat sy eie kwessies bring. Is ons daartoe in staat om soveel koring in te voer? Beslis. Solank daar geld beskikbaar is om die koring aan te koop, sal daar ’n manier gevind word om hierdie hoeveelhei­d tonne die land in te bring. Ek voorsien dus nie dat daar ’n voedseltek­ort teen die einde van die jaar sal wees nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa