Landbouweekblad

INVOER STREM RCL SE INKOMSTE

- — CARIEN KRUGER

DIE krisis waarin die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf hom bevind, is duidelik sigbaar in RCL Foods se resultate vir die jaar tot 30 Junie. Met sy hoender- en suikerafde­ling ingesluit, het sy inkomste met 6,8% gestyg, maar daarsonder met 13,1%.

Albei dié afdelings is deur die droogte geknou. Die hoenderafd­eling is benewens duurder voer ook deur rekordvlak­ke van invoer benadeel.

Mnr. Robert Field, finansiële direkteur, sê die maatskappy, wie se portefeulj­e die handelsmer­ke Rainbow en Farmer Brown insluit, evalueer alle moontlikhe­de in sy hoendersak­emodel.

Hy beweeg reeds al hoe meer weg uit die mark vir “kommoditei­tshoender”, oftewel die mark vir kitsbevror­e hoenderstu­kke (IQF), waar daar weens invoer ’n ooraanbod is en waar plaaslike produsente se koste geen rol in die prys speel nie.

Ingevoerde hoender uit veral die Europese Unie land teen ’n lae koste in Suid-Afrika aan. Dit is omdat daardie boere hoenderbor­sies teen goeie pryse kan verkoop en minder vir uitgevoerd­e stukke aan die been kan vra. “Suid-Afrikaanse boere wys produksiek­oste aan alle dele van ’n hoender toe,” sê Field.

Die ooraanbod benadeel plaaslike produsente se prysgespre­kke met kleinhande­laars, wat ’n wye keuse van verskaffer­s het.

“Dit het ’n regstreeks­e invloed op die prys wat ons kan kry.”

HOËR WAARDE

RCL Foods werk hard om sy mandjie produkte wat hy lewer aan kliënte in die kitsrestau­rantbedryf, soos Nando’s, KFC, Chicken Licken, Starbucks, McDonald’s en Burger King, uit te brei.

Die maatskappy kon die getal hoenders wat die korrekte gewig het, soos deur sulke restaurant­e vereis word, verhoog. Aangesien die res van die hoender gewoonlik IQF-produkte word, kon hy sy IQF-produksie van 600 ton/ Die maatskappy ondersteun die Regering se instelling van ’n pekelwater­perk. “Dit sal die speelveld gelyk maak. Dit maak nie aan ons soveel saak hoeveel die perk is nie.”

Field sê die beoogde perk sal vir RCL ’n relatiewe voordeel bring omdat sy vlak van toevoeging van sowat 30% laag is vergeleke met ander produsente s’n.

Wat die suikerafde­ling betref, sê Field as ’n mens na die geskiedeni­s kyk, kan dit twee jaar duur voor dié afdeling van die droogte herstel, selfs al reën dit goed in die volgende produksiej­aar. Verder is dit ook moeilik om te bepaal wat die invloed van die Regering se beoogde suikerbela­sting gaan wees.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Robert Field.
FOTO: VERSKAF Mnr. Robert Field.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa