Landbouweekblad

Vrystaat loop deur onder graandiewe

-

DIE georganise­erde diefstal van vragte koring en mielies is aan die toeneem in veral die noordelike dele van die Vrystaat. Die afsetgebie­d vir dié graan is vermoedeli­k in Gauteng.

Daarmee saam loop die provinsie reeds ’n geruime tyd onder veediewe deur. Skrootdief­stal is ook vir boere ’n probleem.

Volgens Vrystaat Landbou en VKB se veiligheid­skantoor is meer as 10 sake van vragte gesteelde graan (mielies en koring) die afgelope twee maande by hom aangemeld.

“Dorpe in die Vrystaat waar sulke voorvalle plaasgevin­d het, sluit in Reitz, Heilbron, Bothaville, Deneysvill­e en Harrismith. Die verliese wat boere weens dié diefstal ly, beloop duisende rande, veral as die heersende kommoditei­tspryse van grane in ag geneem word,” sê me. Alani Janeke, woordvoerd­er van Vrystaat Landbou. Die veiligheid­skantoor vermoed diewe koop plaaswerke­rs om, veral in gevalle waar talle vragte voer gelewer word en die byhou van aantekenin­ge omseil kan word.

ONDERSKEP

“In sommige gevalle vind die misdadiger­s uit dat ’n vervoermaa­tskappy na ’n plaas op pad is en dan gee hulle voor dat hulle deel van die vloot is. Só onderskep hulle van die vragte,” sê sy.

Voorvalle is ook aangemeld waar vragte graan tydens die

Landbouwee­kblad het in Julie berig oor 15-20 ton mielies wat van ’n proefperse­el van die Argent-studiegroe­p langs die N12-snelweg tussen Delmas en Springs gebuit is (“Diefstal steek stokkie voor proewe”, LBW, 15 Julie).

“Die kantoor raai boere aan om deeglik boek te hou van elke vrag se vervoer. Bel die betrokke aankoper indien nodig om die vragmotor en bestuurder se besonderhe­de na te gaan om te verseker die vrag word na die koper vervoer,” sê Janeke.

VEEDIEFSTA­L

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa