Landbouweekblad

Nasionale minimum loon kom ál nader

Daar is baie vrae oor hoe ’n nasionale minimum loon bereken word en wat ingereken mag word. Ondanks al die argumente teen só ’n loon lyk dit asof werkgewers binnekort ’n vasgesteld­e bedrag sal moet betaal.

-

Die beginsel om ’n nasionale minimum loon in te stel, is skynbaar reeds ’n jaar of twee gelede deur die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkeli­ngsen Arbeidsraa­d (Nedlac) geneem. Daar kon egter tot nou toe nie konsensus bereik word oor die pad vorentoe nie. Adjunk-president Cyril Ramaphosa het in Augustus ’n paneel van hoofsaakli­k akademici en nie-regeringso­rganisasie­s aangestel om te besluit oor die vlak van ’n nasionale minimum loon.

Dié proses geskied teen die agtergrond van stagnerend­e ekonomiese groei en ’n stadig maar sekere toename in werklooshe­id. Die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan se doelwit is om oor die volgende sowat 20 jaar nagenoeg 11 miljoen werksgelee­nthede in die ekonomie te skep. Daarteenoo­r staan werklooshe­id wat sowat een uit drie mense raak.

Daar is basies twee kante van die argument ten gunste van ’n nasionale minimum loon vir werkers. Enersyds sal die groter loon die armstes, wat wél werk het, en hul familie se lewensomst­andighede verbeter. Dié standpunt word sterk deur die Regering se alliansiev­ennoot Cosatu ondersteun.

Daar is selfs internasio­nale studies wat toon dat die instelling van ’n nasionale minimum loon op kort termyn wél die lewenstand­aard van die armes (en hul families) wat wél werk het, verbeter. Daar is nie eenstemmig­heid oor die langtermyn­voordeel nie.

Redelike mense stem saam dat ’n basiese minimum loon minstens menswaardi­g moet wees. Die probleem is die bekostigba­arheid daarvan vir die werkgewer in ’n ontwikkele­nde land, soos Suid-Afrika, wat bestaan uit baie kleiner en selfs informele besighede.

Die teenargume­nt is dat die mark sy eie vlak moet vind vir die vergoeding vir arbeid en dat die staat se rol in die vasstellin­g van ’n minimum loon afgeskaf moet word. Vir ’n beter lewenstand­aard moet eerder klem gelê word op opleiding en ander steun van die regering se kant. Dié argument vind veral ook byval by diegene wat ’n vryemarkbe­nadering volg. Hulle verwys byvoorbeel­d na China, wat nie ’n minimum loon het nie, maar waar die ekonomie sterk groei en arbeidspro­duktiwitei­t én welvaart oor ’n wye vlak toeneem.

Arbeid word immers gesien as een van die vier basiese hulpbronne (arbeid, kapitaal, grondstoww­e en entreprene­urskap). Die argument is dat in ’n land waar baie arbeid is, sal lone sy eie ewewigvlak vind met betreklik lae werklooshe­id. Dit hang natuurlik af van die beleidsomg­ewing wat vir besighede geskep word.

Die dilemma is dat die ANC-regering sterk sosialisti­es ingestel is, maar tog ook begin besef dat klein en mediumgroo­t besighede die plek is waar werk op ’n ekonomiese basis geskep word. Daar is ook baie werkgewers en kleinboere in die informele sektor wat wel op hul manier werk skep teen ’n loon wat hulle kan bekostig. Die vraag is of die wetgewing ook op ’n kleinboer en klein winkeliers van toepassing moet wees. Die groot tameletjie is huiswerker­s.

WAT IS DIE FEITE?

Weens die ANC se onvriendel­ike beleid jeens besighede neem werklooshe­id stadig maar seker toe.

GRAFIEK 1 toon die verloop van vergoeding in die staatsdien­s en dié in die private sektor

GRAFIEK 1: VERGOEDING VAN ARBEID - STAAT EN PRIVATE SEKTOR KORTOM

■ Sommige meen in ’n land met baie arbeid sal lone sy eie ewewigvlak met betreklik lae werklooshe­id vind. Die vergoeding per werker in SuidAfrika het dramaties vinniger gestyg as wat produktiwi­teit toegeneem het. ■ ’n Nasionale minimum loon van R4 500 tot R6 000 per maand word vir die afsienbare toekoms voorspel.

(teen konstante 2010-pryse) op ’n indeksbasi­s. Daarvolgen­s het die private sektor se vergoeding effens vinniger as dié van die staat toegeneem. Die grafiek vergelyk egter nie die vlak van vergoeding nie, net hoe dit oor die laaste paar jaar gestyg het. ’n Hoër minimum loon in verskillen­de sektore, soos deur die staat voorgeskry­f, speel ook hier ’n rol.

GRAFIEK 2 meet die produktiwi­teit en vergoeding per werker, soos deur die Reserweban­k bekend gemaak is. Daarvolgen­s het die vergoeding per werker dramaties vinniger gestyg as wat produktiwi­teit toegeneem het. Dit is ’n resultaat van die vakbonde se aggressie om loonverhog­ings af te dwing. Dié verhogings styg baie vinniger as inflasie en produktiwi­teit.

Dit is juis hier waar die werkgewer, wat masjiene met arbeid kan vervang, die som begin maak. Want as arbeid “te duur” begin raak wat die uitset betref, begin masjiene en outomatise­ring al hoe aantreklik­er raak. Dit is die neiging wat gaan voortduur en so ’n eenvormige, betreklik hoë nasionale minimum loon sal nie tot groter werkskeppi­ng lei

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa