Landbouweekblad

Begin vroeg en doen dit reg

Oor en oor word dit gesê – moenie vergeet om te spaar nie en spaar genoeg. Dit is veral belangrik wanneer tyd nog aan jou kant is en jy moet spaar, byvoorbeel­d, vir jou kinders se naskoolse opleiding en jou aftrede.

-

Daar is ’n produkvers­kaffer wat tans ’n advertensi­e het waarin hy vra wanneer is genoeg nou genoeg. Dit is ’n baie filosofies­e vraag en kan die grondslag wees van ’n lang debat. Trouens, daar is diegene wat sal argumentee­r die grondslag van kapitalism­e is gegrond op die beginsel dat genoeg nooit genoeg is nie. Ongelukkig voeg hierdie debatte geen waarde by tot die gesprek oor wat goed kos en hoeveel iemand sal moet spaar om genoeg daarvoor te hê nie.

Helaas is dit nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Sekere dinge, soos vakansies, verg spaar op kort termyn. Jy moet maar net eenvoudig soveel spaar as wat jy kan en dan gaan vakansie hou met wat jy het. Nadat ek onlangs van ’n vakansie af teruggekom het, weet ek egter jy sal nooit genoeg gespaar kry vir alles wat jou kinders op ’n vakansie wil doen nie.

Ander uitgawes sal weer deel van jou maandeliks­e uitgawes wees, byvoorbeel­d, die verband op jou eiendom, die motorpaaie­ment en jou kinders se skooluitga­wes. Hoe langer die termyn egter raak, hoe makliker raak dit om ’n plan in werking te stel om te bepaal hoeveel jy moet spaar om genoeg te hê.

Die twee belangriks­te uitgawes waarvoor jy op hierdie manier moet beplan, is tersiêre onderrig en aftrede.

STUDIES

Met ’n seun wat by Tukkies studeer en nóg een op pad Maties toe, is ek deeglik bewus van die koste van universite­itstudies. Wat ons verbaas het, is die groot verskil tussen die koste van die verskillen­de universite­ite. Doen maar die moeite en gaan kyk watter universite­ite meer waarde vir geld bied.

Ongeag watter universite­it jy kies, maak voorsienin­g vir ongeveer R150 000 per jaar. Omdat die koste van universite­itstudie vinniger as inflasie groei, is dit veiliger om te aanvaar die groei in koste gaan die groei in die belegging ewenaar. Dit maak die berekening van wat jy moet spaar ook maklik. Indien jy derhalwe vir ’n vierjaargr­aad voorsienin­g wil maak, moet jy R600 000 voorsien. Indien jy 15 jaar het om te spaar, beteken dit R40 000 per jaar. As jy 10 jaar het, beteken dit R60 000 per jaar.

Ek beveel aan jy neem ’n spaarplan vir jou kind uit tot hy/sy 21 is. Dit gee jou langer tyd om te spaar, maar dit het nóg ’n voordeel. Wanneer jou kind met sy studies begin, is die geld nie geredelik beskikbaar nie en moet ’n lening aangegaan word. Die belegging kan as sekuriteit aangebied word, maar jou kind weet dat alles wat hy meer gebruik as wat die belegging gaan uitbetaal, eindelik deur hom betaal sal moet word. Dit kan as ’n goeie motiveerde­r dien. Met aftrede werk dit ietwat anders, want die kapitaal kan nie gebruik word nie. Omdat ons nie weet hoe lank ons van die geld gaan moet leef nie, kan ons nie in die kapitaal delf nie.

Trouens, die geld moet hou tot die afsterwe van die langslewen­de en daar is ’n 25%kans dat jy ouer as 100 jaar gaan word.

Dit is egter nie genoeg om net die kapitaal te beskerm nie. Weens inflasie is die geld elke jaar 6% minder werd.

Daarom moet die eerste 6% van groei elke jaar gebank word en kan ’n afgetreden­e net lewe van die groei bo 6%. Hierdie groei word ook die reële groei genoem.

Indien jy ’n goed gebalansee­rde portefeulj­e gebruik, behoort jy gemiddeld 11% per jaar in groei te verdien. Dit beteken jy kan net 5% as ’n inkomste onttrek. Jy kan dus R4 000 per maand as pensioen onttrek vir elke R1 000 000 wat jy het.

Hoewel almal vir hulself sal moet besluit hoeveel regtig genoeg is, kan hierdie reëls darem help om te verseker dat almal ’n beter idee het van wat hulle kan bereik.

Uiteindeli­k werk niks so goed soos tyd nie. Begin derhalwe reeds vandag spaar. Al weet ons dalk nie wat genoeg is nie, weet ons wat te min is.

Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG.

Uiteindeli­k werk niks so goed soos tyd nie. Begin vandag . . .

Ronald.King@psg.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa