Landbouweekblad

SAAI IN SOMER VIR WEIDING VROEG IN DIE WINTER

- — AMELIA GENIS

Sekere hardskalig­e peulgewass­e, soos serradella en sulla, kan met groot welslae in die somer gesaai word. Hulle kan dan groot temperatuu­rverskille en die eerste herfsreën benut om te ontkiem en goed aan die gang wees as die winterreën kom.

Prof. Brad Nutt, assosiaat-landboupro­fessor (peulplante), is verbonde aan die Murdoch-universite­it in Wes-Australië. Sy navorsing in die winterreën­gebiede van Wes-Australië toon dat hardskalig­e sade wat in Januarie of Februarie gesaai is, merkbaar beter vaar as dié wat eers in Mei gevestig is.

Hy het in Augustus op Bewaringsl­andbou Wes-Kaap (BLWK) se Jack Human-bewaringsw­eek op Elsenburg gepraat.

Dormansie in saad is ’n eienskap van die saad van veldplante of onkruid wat oorlewing help verseker en keer dat plante uitsterf. Die meeste kommersiël­e saad het nie dié eienskap nie omdat hulle op aanvraag moet kan ontkiem.

Sade met dormansie sinchronis­eer hul ontkieming met toestande wat gunstig is vir vestiging en reproduksi­e in een groeityd.

Dormansie verseker dat dié sade ongunstige toestande kan oorleef. Dit, tesame met klein saadgroott­es, is ’n manier om selfs nadat diere hulle gevreet het, hul lewensvatb­aarheid te behou.

Dormansie word beëindig deur groot temperatuu­rskommelin­ge, soos tussen die somer en herfs as die temperatuu­r op die hitte van die dag 65 °C op kaal grond kan wees en in die nag tot 15 °C kan daal.

Verskillen­de soorte saad se temperatuu­rvereistes verskil. In die winter, of met groot hoeveelhed­e materiaal op die grond, daal die temperatur­e aansienlik, tot 35 °C deur die dag en 20 °C in die nag.

Brad het die praktyk van somersaai ontwikkel om dié eienskappe van hardskalig­e sade, soos serradella en sulla, tot voordeel van produktiew­e weidings te ontwikkel.

Sy wenke vir welslae sluit in dat die saad vroeg, sommer in Januarie of Februarie, saam met die regte entstof in stoppels gesaai word. As die verskille tussen dag- en nagtempera­ture teen einde Maart, begin April, groter begin word, breek die hardskalig­heid af en kan die saad met die eerste reën ontkiem.

Brad sê teruggehou­de saad werk baie goed in die praktyk omdat dit meer suksesvol is teen hoë saaidigthe­de van meer as 20 kg/ha, en saad daarom nie te duur moet wees nie.

Die keuse van die land of kamp is ewe belangrik vir sukses. Die kamp moet relatief vry van onkruid wees, en onkruiddod­ers van die sulfonielu­rea- of klopiralie­d-groep moes nie die vorige jaar daar gebruik gewees het nie.

Eweneens moet die voorkeure van kultivars bekend wees en aangepas wees by die grond in die kamp. Franse serradella van die kultivar Margurita hou byvoorbeel­d van suur, sanderige grond, terwyl Bartolo-blaasklawe­r relatief neutrale leemgrond verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa