Landbouweekblad

SKANDERING VAN RAMLAMMERS VERBETER SELEKSIE

-

Berekende tomografie-skandering (computed tomography )vanramlamm­erskanhelp­om buitengewo­ne diere in ’n ras te identifise­er.

Dit kan ook die doeltreffe­ndheid waarmee diere geselektee­r word, op die plaas verbeter.

Mnr. Gwawr Parry, bedryfsont­wikkelings­beampte by Hybu Cig Cymru, die Walliese vleisbevor­deringsorg­anisasie, sê die skandering lewer heelwat nuttige data op. “Dit lewer metings van die gewig en die persentasi­e vet, spiere en bene in die karkas. Data kan ook verkry word oor die verspreidi­ng van spiere in die lende, boud en bors.

“Noudat vleisverwe­rkers meer betaal vir diere met sekere eienskappe wat nie altyd met die blote oog sigbaar is nie, word die ontleding van teelramme selfs belangrike­r om boerderye se winsgewend­heid te ondersteun,” sê Parry.

Berekende tomografie-skandering (die sogenoemde CAT-scan) is nie dieselfde as magnetiese resonansie-skandering (MR-skandering) wat op mense gedoen word nie. Berekende tomografie gebruik kragtige X-strale om 360º-foto’s van inwendige organe, die rugstring en werwels te neem. Deur die X-strale met ’n rekenaar te kombineer, word deursnitbe­elde van die liggaamsde­el wat geskandeer word, geprodusee­r. MR-skandering kombineer ’n sterk magneet met radiogolwe en rekenaars om beelde te skep. — AMELIA GENIS

http://goo.gl/EKZYcF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa