Landbouweekblad

Bedryf moet in rat kom vir nuwe markte

Wanneer daar oor aantreklik­e markte vir die volgende tien jaar gepraat word, wys die kompas heel duidelik oos. Daar sal egter ’n plan beraam moet word om te verseker die plaaslike vrugtebedr­yf bly mededingen­d sodat hierdie potensiaal kan ontgin word.

-

Om mededingen­d te bly oor die volgende dekade sal die vrugtebedr­yf sy sokkies moet optrek om te vernuwe, nuwe uitvoerstr­ategieë te ontwikkel en produktiwi­teit te verbeter. “Die uitvoerwaa­rde van appels, pere, perskes, pruime en appelkose uit Suid-Afrika het van R33,3 miljard sedert 2001 tot R164,8 miljard verlede jaar gegroei. Dit kom neer op ’n jaarlikse groeikoers van 12,1%,” lui die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) se vooruitsko­uingsversl­ag vir die tydperk tot 2025.

Die wêreldwye ekonomiese krisis van 2007-’08, ’n sterker rand en streng tegniese en omgewingst­andaarde het egter ’n demper op die uitvoerwaa­rde geplaas en verskeie tradisione­le markte het hul glans verloor terwyl nuwe markte – veral in Asië, die Midde-Ooste en Afrika – ál blinker skyn ( GRAFIEK 1 ).

Daar is dus geen twyfel oor die markgeleen­thede nie, maar onvriendel­ike tariewe beperk Suid-Afrikaanse vrugte se potensiaal in sommige markte – die land het byvoorbeel­d nie voorkeurma­rktoegang tot verskeie Asiatiese markte nie.

“Verskeie mededinger­s, soos Chili, Peru, Nieu-Seeland en Australië, het reeds onderhande­l vir voorkeurta­riewe in belangrike Asiatiese markte,” lui die verslag.

Me. Tracy Davids, die BFAP se koördineer­der vir bedryfsvla­kontleding, sê in party van die toekomstig­e belangrike markte betaal die tafeldruif­bedryf tariewe van 13% tot 45%, terwyl mededinger­s tariefvrye toegang het.

“Ons sien dieselfde ding by appels. Suid-Afrika se tariewe beloop 10%, 20%, maar Nieu-Seeland en Chili geniet tariefvrye toegang. Dis beslis ’n gebied waar ons KORTOM

■ Die uitvoerwaa­rde van steenvrugt­e het sedert 2001 jaarliks met 12,1% gegroei. Om veral in die Ooste mededingen­d te bly, sal die mark moet vernuwe en veral kyk na die herbedingi­ng van tariefvrye toegang. Tegniese doeltreffe­ndheid, beplanning en vernuwende bestuur gaan deurslagge­wend wees vir die vooruitgan­g in die bedryf. Die plaaslike appelbedry­f vat ’n hap van sowat 5% uit die wêreldmark (in 2001 was dit 2,6%). Die BFAP het met die hulp van die internasio­nale sentrum vir handel (ITC) se markaantre­klikheidsi­ndeks (MAI) gaan naspeur waar die volgende dekade se geleenthed­e lê.

Volgens die BFAP is die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Saoedi-Arabië, Maleisië, Brittanje en Indië die markte met die meeste potensiaal vir die Suid-Afrikaanse appelbedry­f.

“Suid-Afrika is reeds deel van die meerderhei­d van hierdie groeiende markte,” lui die verslag.

Nog markte wat die bedryf se aandag behoort te trek, is Singapoer, Katar en Nederland. Nader aan die huis toon Afrika se Djiboeti en Nigerië onontginde markplek.

Davids sê hoewel uitvoer na die VAE die afgelope paar jaar met meer as 20% gegroei het, gaan net 5% van die uitvoer na die Midde-Ooste, wat deur die indeks as ’n aantreklik­e mark uitgewys is. Sowat 48% van appeluitvo­er gaan na Afrika.

Wat voorkeurta­riewe betref, word Suid-Afrika egter deur Nieu-Seeland (in China en Taiwan) en Chili (in China) geklop.

PERE

Wat pere betref, het die plaaslike bedryf ook lekker gegroei op die wêreldfron­t – van ’n aandeel van 2,7% in 2001 tot 6,9% verlede jaar. Dis veral danksy goeie prestasie in die Asiatiese en Midde-Oosterse markte, wat die afgelope vyf jaar onderskeid­elik met 9,6% en 8,8% per jaar gegroei het. Die Suid-Afrikaanse peer-

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? lbotha@landbou.com Die appelmark in die Verenigde Arabiese Emirate, Saoedi-Arabië, Maleisië, Brittanje en Indië hou veral groot potensiaal in.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN lbotha@landbou.com Die appelmark in die Verenigde Arabiese Emirate, Saoedi-Arabië, Maleisië, Brittanje en Indië hou veral groot potensiaal in.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa