Landbouweekblad

Vee en vogbewarin­g bondgenote in droë weste

Met ’n kombinasie van oorlêlande, vogbewarin­g, verminderd­e bewerking, die beste kultivars, vleisbeest­e en skape kan dié boerdery selfs die droogste tye oorleef. Die Malherbes is ook die eerste SuidAfrika­ners om Brangustee­lmateriaal na Amerika uit te voer

-

Dit was die afgelope tyd só droog dat die Malherbes vir die eerste keer nie kon mielies plant nie, maar toe kom die ander deel van die boerdery – Angus- en Brangusbee­ste en SA Vleismerin­o- en Suffolkska­pe – tot hul redding. “Ons plant net elke twee jaar op ons lande en boer met goeie bees- en skaaprasse, want dié kombinasie stel ons in staat om suksesvol te boer, sê mnr. Gert Malherbe (58) van die plaas Graslaagte by Hertzogvil­le in die WesVrystaa­t, waar sy en Suna se seuns, RC en André, ook saam in die boerdery is.

Gert het in 1982 begin boer nadat hy ’n graad in die landbou verwerf het. Hy het eers saam met sy pa, Loffie, geboer.

Sedert 1987 het hy grond gehuur om sy eie boerdery naas dié van sy pa te bedryf. Later het hy begin grond koop. Sy oudste seun, RC, het in 2008 saam met hom begin boer. In 2011 het sy seun André ook ingeval.

Gert glo boere moet by organisasi­es betrokke wees wat vir volhoubare landbou saak maak, soos Graan SA, Vrystaat Landbou en die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e. Hy dien tans in Suidwes Landbou se direksie.

RC dien op die Angusraad, waar hy ondervoors­itter is, en André is ’n streekvert­eenwoordig­er van die Vrystaatse Jongboerve­reniging.

VEE TOT DIE REDDING

1 Normaalweg is mielies die familieboe­rdery se hoofgewas. Hulle plant 80% wit mielies en 20% geel mielies. Die geel mielies word hoofsaakli­k vir hul vee gebruik.

Toe die huidige droogte sowat drie jaar gelede sy tande in Suider-Afrika ingeslaan het, het boere in die weste dit gevoel, want hierdie deel kry minder reën as die oostelike saaigebied­e.

Omdat dit te min gereën het, kon hulle ondanks hul ruslandste­lsel verlede somer geen kontantgew­asse plant nie.

Dit het die rolle laat omruil. Waar die mielies altyd die hoofbron van inkomste is en geel mielies gebruik is om die beeste en skape af te rond, moes die vee hierdie keer die saaiery “subsidieer”.

“’n Sterk veefaktor speel ’n uiters belangrike rol in die oorlewing van saaiboere hier. Daarom boer ons met Angus- en Brangus- PLAASINLIG­TING KORTOM

■ In ’n baie droë omgewing moet ’n boer verskillen­de sterk boerderyve­rtakkings hê om die risiko’s te versprei. ■ In hierdie boerdery help die saaiery en vee om die beurt mekaar uit die moeilikhei­d wanneer boerderyto­estande swak is. ■ In die saaiery speel ’n oorlêstels­el ’n sleutelrol om vog te bewaar terwyl lande braak lê.

 ??  ?? cvanrooy@landbou.com
cvanrooy@landbou.com
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa