Landbouweekblad

KORING GEPLANT.

-

Hulle gebruik hoofsaakli­k Monsanto en Pannar se saad. Om seker te maak hulle plant slegs kultivars wat goed in hul omgewing aangepas is, bestudeer die Malherbes die resultate van die jaarlikse nasionale kultivarpr­oewe. Dié proewe word deur die Landbounav­orsingsraa­d gedoen, met die samewerkin­g van saadmaatsk­appye. Die Malherbes evalueer ook die beste presteerde­rs in hul plaasproew­e, spesifiek die kultivars wat die beste in die weste presteer. Dan doen hulle plaasproew­e om die opbrengs te evalueer voordat hulle die beste kultivars kies om kommersiee­l op die plaas Graslaagte aan te plant. Die plaasproew­e word met die samewerkin­g van Monsanto en Pannar gedoen.

Hul beste planttyd is van 20 November tot 15 Desember. Dit het die afgelope drie jaar baie minder gereën as die langtermyn­gemiddelde en vanjaar kon hulle nie mielies of sonneblomm­e plant nie. ■ Toe ’n landsreën in Maart begin val, was dit te laat vir mielies en sonneblomm­e. Hulle het die afgelope paar jaar nie koring geplant nie omdat die winsgewend­heid laag is. Toe die grond in April 10% nat was, het hulle egter koring geplant op lande wat toe al vir twee jaar oorgelê het.

Hulle het ook hawer en Japannese radyse vir beweiding geplant. Hulle verbou gewoonlik hierdie gewasse, maar dié keer het hulle twee keer die gebruiklik­e oppervlakt­e geplant omdat die veld uiters skraps was en hulle nie mielieland­e vir weiding gehad het nie.

Die hoeveelhei­d voer wat die hawer verskaf, is van die grootste tot nóg toe. “Die winterreën het ons dus gered,” vertel RC.

Hulle het voorsorg getref in geval die droogte nóg langer aanhou deur mielierest­e by besproeiin­gsboere op Bloemhof te koop. Hy het uiteindeli­k sowat 3 000 ronde bale aangery, asook gebaalde koringstro­oi. Dit kom nou goed te pas in die beesvoerkr­aal, waar hulle hul eie speenkalwe­rs en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa