Landbouweekblad

BEWARINGSB­OERDERY BESTE VIR MIELIES.

-

veilingsbu­lle afrond. ■

Daar word nou minder op Graslaagte geploeg omdat hulle die oorlêstels­el het en die oesreste wil bewaar om winderosie te verminder. Vanjaar moes hulle noodgedwon­ge ruim 60% van die lande weer ploeg omdat daar nie meer genoeg oesreste van die vorige somer oor was om die wind te stuit nie. Nou rem die kluite die waaiproble­em.

Danksy die oorlêstels­el hoef hulle minder wisselbou toe te pas. Die feit dat ’n land net elke twee jaar beplant word, is genoeg om siekte- en insekketti­ngs te breek.

Alle lande se fisiese grondontle­dings is reeds gedoen. Chemiese ontledings word elke drie jaar gedoen, waarna die grond se pH met wisselende kalktoedie­ning reggestel word. Tesame met die ontledings word

Nadat die mielies geoes is, rus die land ’n jaar. Onmiddelli­k ná die oes doen hulle ’n V-lembewerki­ng om die onkruidwor­tels af te sny. Vir die res van die ongeveer 17 maande voor die volgende planttyd is net twee of drie rolstaafbe­werkings nodig om onkruid te bestry. Hulle spuit ook twee keer Roundup-onkruiddod­er. Dit is genoeg om die onkruid te bestry.

Voorbereid­ing van die saaibed begin ná die eerste reën met ’n skeurploeg­bewerking, gevolg deur die rolstaaf om verder onkruide te bestry en ’n fyn saadbed te maak.

Sodra dit voldoende gereën het en die grondvog reg is, begin hulle plant. Drie tot vier

Vir mielies word 250 kg kunsmis (mengsel 9:2:1) met ’n werktuig 30 cm diep op die ry toegedien voor hulle plant, dan 150 kg van ’n 15:8:4-mengsel wanneer hulle plant. Op die ou end word daar met 100 kg stikstof, 34 kg fosfaat en 14 kg kalium bemes. Hulle doen ook ’n blaarbespu­iting op die agtblaarst­adium. Die graan word deur Suidwes Landbou bemark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa