Landbouweekblad

Dis weer ‘Boere-oorlog’!

Mnr. Stephan van Wyk, ’n derdegener­asieboer van Delareyvil­le in Noordwes, boer só dat hy die droogte systap en skiet boonop wêreldreko­rds op internasio­nale vlak aan flarde.

-

Suid-Afrikaanse boere word gereken as van die bestes ter wêreld. Maar dit is nie net in die landbou waar Suid-Afrikaanse boere presteer nie. Mnr. Stephan van Wyk, boer van Delareyvil­le in Noordwes, skiet ’n barshou op internasio­nale vlak. Sy aanleg vir sportskiet het hom al oorsee geneem om aan internasio­nale kompetisie­s deel te neem.

In 2012 was hy lid van die Protea-span wat in Tsjeggië deelgeneem het, en verlede jaar het hy en die manne van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing (SAJWV) op die Bisley-skietbaan in Engeland met wêreldspan­ne gaan swaarde kruis.

Onlangs was hy lid van die SA Jaggeweers­kietvereni­ging se Protea-span wat aan die Internasio­nale jaggeweerv­ereniging se wêreldkamp­ioenskap in Namibië deelgeneem het. Ook hier was hy aan die regte kant van die “loopgraaf” – Suid-Afrika is as kampioene bekroon, met Namibië in die tweede plek en Tsjeggië derde.

Stephan en sy twee seuns, Stian en Bertus, het ’n gemengde boerdery by Delareyvil­le wat bestaan uit kommersiël­e vleisbeest­e en ’n wisselbous­aaiboerder­y, met onder meer mielies en sonneblomm­e. Hy het ook ’n voerkraal op sy plaas en is ’n vee-agent.

Stephan het as jong man ’n liefde vir skiet by sy pa, Sys, aangeleer. Tussen al die boerderybe­drywe maak hy egter steeds tyd vir dié groot liefde.

Stephan sê self: “As ek ’n week nie skiet nie, voel ek olik; as ek twee weke nie skiet nie, voel ek siek en ná drie weke wil ek vrek!”

Hy skiet ongeveer 10 000 skote per seisoen, waaronder oefenskote met sy windbuks, sy 6 mm-Remington, .375-grootkalib­er, haelgeweer en .22.

Dit was omtrent ’n gestoei om Stephan te oortuig om met Landbouwee­kblad te ge- KORTOM LIGGING

■ ’n Boer van Noordwes kraai koning in internasio­nale skietkompe­tisies. Mnr. Stephan van Wyk glo SuidAfrika­ners kan teen party oorsese lande mededingen­d deelneem ondanks ’n geldelike agterstand. Hy gebruik in sy boerdery die regte kultivars om die droogte te klop en kry met ’n laer insetkoste steeds die gewenste resultate. BO: sels oor sy liefde vir dié sport. Hy sê hy wil nie “brêgh” nie en gesels dan eerder oor die ander skuts, sy spanmaats en die samesyn wat met hierdie kompetisie­s gepaardgaa­n.

SA STANDAARD HOOG

Wanneer die manne en vroue bymekaarko­m om te skiet, is dit as ’t ware ’n kameraderi­e.

“Amper soos met die Anglo-Boereoorlo­g,” sê Stephan. “Die standaard van Suid-Afrikaanse skuts is oor die algemeen hoog en dis waarom hulle by internasio­nale kompetisie­s so mededingen­d is. Dis die gewone ouens wat op die plaas en jagveld skiet wat aan kompetisie­s begin deelneem en dan later – met baie oefening, natuurlik – presteer.”

“Die grondslag word egter op ’n jong

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa