Landbouweekblad

Hooihark dra nou werktuie van 1 ton

As jy in die tweedehand­sbedryf is, moet jy daagliks werktuie op- en aflaai. ’n Sakeman van Cradock het ’n ou hooihark omgebou in ’n vernuftige hulpmiddel om ploeë, skrapers en dergelike kleiner werktuie te laai.

-

Jy sal ver moet soek om ’n kostedoelt­reffender werktuig te kry as ’n hooihark wat teen R300 ’n tweede lewe gekry het as ’n skuiftoest­el wat mans genoeg is vir 1 ton.

Mnr. JJ van der Watt (foto) is ’n bekende afslaer by BKB-afslaers in die Merino-hartland van die Oos-Kaap. Benewens sy beroep as afslaer het JJ 20 jaar gelede met sy eie tweedehand­sondernemi­ng begin wat ou werktuie aankoop, herstel en verkoop.

“Die besigheid herstel en bemark oor die algemeen grondwerkt­uie, soos ploeë, skeur- tandploeë, kleiner planters en harke. Ek lê veral klem op werktuie waarvoor daar ’n groot mark in die nabygeleë voormalige Transkei en Ciskei is.” Omdat JJ net een werknemer het wat die werktuie kan help vervoer, moes hy ’n plan beraam om die werktuie op ’n eenvoudige manier te verskuif. “Ek het eers ’n ander werktuig uit staalpyp en ander skrootmeta­al gebou, maar dit was nie sterk genoeg nie.”

VAN SKROOT TOT LAAITOESTE­L

Sowat tien jaar gelede het JJ ’n ou hooihark op ’n veiling raakgeloop en dit gekoop om

dit te herstel en later te verkoop. Onderdele was egter ’n probleem en hy moes dit eers by ander skrootmeta­al laat staan.

Twee jaar later het hy ’n plan gekry om dit bruikbaar te maak. JJ het eers die tolle op die hark afgehaal, die harkbalk meer reguit gebuig en die hele spulletjie omgeswaai sodat die harkbalk ’n sekel vorm.

Daarna het hy ’n ketting op die balk aangebring wat gebruik word om die werktuie vas te maak. Die kromming van die hark het tot die naam “aapstert” gelei.

“Dis baie nuttig,” sê JJ. Die aapstert word met die oorspronkl­ike hark se aanhegting­spunte op ’n trekker se kragaftakk­er gehaak en kan tot ’n ton optel. Die werktuig word aan die aapstert gehaak, met die trekker se kragaftakk­er opgetel en verskuif na ’n losstaande hyskraan of katrolstel, van waar die werktuig op ’n vragmotor gelaai en vervoer kan word.

“Die aapstert kan maklik meer as 800 kg tot ’n hoogte van 2,5 m optel. Die swaarder werktuie word net van die grond af gelig en verskuif voor die katrolstel dit hoër optel,” verduideli­k JJ.

Die hele spulletjie, aankooppry­s en arbeid ingesluit, het minder as R300 gekos. “Die hark het in daardie stadium R250 gekos, en ek het die yster om die aapstert se arm te versterk, van die hark se skrootmeta­al afgehaal. En dan was daar die koste van die sweisstokk­ie om alles bymekaar te sit,” lag hy.

Met die aapstert kan die ondernemin­g werktuie vinniger en veiliger verskuif en laai, wat ook die produktiwi­teit verbeter het, sê JJ.

LINKS: taaibosimp@ 082 772

 ??  ?? telkomsa.net; 2060. ’n Klein ploeg word gemaklik met die aapstert opgetel.
telkomsa.net; 2060. ’n Klein ploeg word gemaklik met die aapstert opgetel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa