Landbouweekblad

Broccoli-en-hamspaghet­tikoek

-

So ’n gebakte spaghettik­oek is ’n gunsteling by oud en jonk. Ek maak dit met enigiets wat in my yskas en koskaste is – tuna, spekvleis, maalvleis en watter groente ek ook al beskikbaar het. Die moontlikhe­de en variasies wat jy hiermee op die proef kan stel, is eindeloos.

1 pak (500 g) spaghetti 10 ml olie 10 ml botter 2 uie, grof gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk 1 pakkie (200 g) gerookte ham, gesnipper Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 200 g broccoli, in blommetjie­s gesny Skeut vars suurlemoen­sap 6 ekstragroo­t eiers 125 ml room 30 ml mayonnaise Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboomkoe­kpan van 22 cm goed met olie. Kook die spaghetti in ’n pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, verhit die olie en botter en braai die uie en knoffel daarin tot sag. Voeg die ham by en braai vir ’n paar minute. Geur na smaak met sout, peper en suurlemoen­sap. Ongeveer 5 minute voor die einde van die pasta se kooktyd, voeg die broccoli by die pasta in die kastrol en kook dit verder sodat die pasta en broccoli saam gaar word. Dreineer en skep die pasta-en-broccolime­ngsel in die voorbereid­e pan. Klits die eiers, room en mayonnaise saam en giet oor die pasta. Sit die pan op ’n vel foelie neer en druk die foelie stewig teen die pan vas sodat enige eiervla wat dalk uit die pan mag lek, nie brand in die oond nie. Bak die spaghettik­oek vir ongeveer 30 minute, of tot goudbruin en ferm. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel voordat jy dit uitkeer. Sit voor met ’n groenslaai. Lewer 6 porsies.

500 g (1 pak) pasta van jou keuse 15 ml olie 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper 1 ui, gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 30 ml koekmeel 500 ml melk 600 g spinasie, gewas, are

verwyder en fyn gesnipper Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

2 snye dag-oue bruinbrood 60 ml gesmelte botter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa