Landbouweekblad

Sosiale media laat klere vir kinders van rakke vlieg

Hul gespook om kinderkler­e te kry waarin hul kinders lekker kan speel en ook modern lyk, het die vriendinne Ingrid Uys en Leilani Conradie van Robertson aangespoor om hul eie kinderkler­ereeks, Kaalvoetki­nd, te begin.

-

Hoe het die idee vir Kaalvoetki­nd ontstaan? Ek en Leilani is al jare vriendinne en self ma’s van onderskeid­elik drie seuntjies (5, 3 en 1) en ’n dogtertjie (4) en ’n seuntjie (2). Ons het gesukkel om klere te kry waarmee kinders in die modder kan speel, maar wat ook modern lyk. Ons het gesels oor ’n kinderkler­ereeks en op ’n dag besluit, hoekom nie? Wat keer ons om te begin? Die reeks bestaan uit klere vir seuntjies en dogterjies van 2 tot 9 jaar oud.

Was dit moeilik om die ondernemin­g te begin? Ons het lank na naaldwerks­ters gesoek, en op die ou end vier baie betroubare vroue gekry. Saans, nadat al die kindertjie­s in ons huise gaan slaap het, het ons met pen en papier gaan sit en begin ontwerp. Dit was ’n lekker stokperdji­e, maar ons sou nooit kon droom Kaalvoetki­nd sal so suksesvol wees nie.

Waar verkoop julle die klere? Ons het uitstalkas­te in Roots op Robertson en Bederf op Moorreesbu­rg. Die meeste mense bestel sommer klere deur sosiale media. ’n Mens besef nie watter krag sosiale media het tot jy so iets op die been bring nie. Dit het ons tussen die oë getref. Ons het ook ’n agent in Kaapstad aangestel, Gretchen Zaayman, wat Facebook-bestelling­s bestuur. Watter wenke het julle vir mense wat hul ondernemin­gs op sosiale media wil bemark? Maak seker dat dit wat jy bemark, beskikbaar is. Hou die Facebook-bladsy aan die gang deur kort-kort iets nuuts daarop te plaas sodat dit mense se belangstel­ling hou.

Kaalvoetki­nd is ’n pragtige naam. Hoekom het julle daarop besluit? Ons het een aand gesit en werk aan ontwerpe terwyl ons kinders om ons rondgehard­loop het. Dit was Meimaand en hulle was warm aangetrek, maar nie een het skoene gehad nie. Net daar en dan het ons besluit op Kaalvoetki­nd. Dis boonop trots Afrikaans!

Julle het ook ander loopbane. HEEL BO: BO: Die beskikbaar­heid van hulpbronne is ’n groot struikelbl­ok. Daar is nie groot materiaalw­inkels naby nie en naaldwerks­ters is skaars. Ons het dit egter van die begin af geweet, daarom het ons vir Gretchen in die Kaap aangestel. Sy kan materiaal aankoop en vir ons met ’n koerierdie­ns stuur. Ons prosesse word dus met ’n dag of twee vertraag, maar ons bou dit in in ons vervaardig­ingsproses. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Wens jy daar was iets wat jy geweet het voor jy met die ondernemin­g begin het? Ons sou meer navorsing wou doen en meer voorraad opbou voor ons klere bekend stel. Dis nooit ’n goeie idee om ’n nuwe produk dadelik op sosiale media bekend te stel as jy nie genoeg voorraad het nie.

Het julle enige uitbreidin­gsplanne? Baie! Ons ontwerp tans ’n somerreeks. Daar is ook platteland­se dorpies wat ons klere wil verkoop en ons werk volstoom daaraan. As ons so aanhou droom, is ons eie klein fabriek dalk eendag nie meer net ’n droom nie. 082 353

 ??  ?? Leilani Conradie (links) en Ingrid Uys is nie net vriendinne nie, maar ook vennote in hul kinderkler­eondernemi­ng, Kaalvoetki­nd. Hul kroos het die reeks geïnspiree­r.
Leilani Conradie (links) en Ingrid Uys is nie net vriendinne nie, maar ook vennote in hul kinderkler­eondernemi­ng, Kaalvoetki­nd. Hul kroos het die reeks geïnspiree­r.
 ??  ?? Prettige klere vir dogtertjie­s wat wil mooi lyk, maar net so lekker wil speel.
Prettige klere vir dogtertjie­s wat wil mooi lyk, maar net so lekker wil speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa