Landbouweekblad

Die beste manier om intimidasi­e die stryd aan te sê, is deur die geskrewe Woord van God.

-

Vroeg vanoggend, terwyl ek stiltetyd met die Here gehou het, het ek uit 2 Kronieke 32 in die Ou Testament gelees. Dit het alles met intimidasi­e te doen. Die Assiriërs het die Israeliete aangeval en hul koning het Hiskia geïntimide­er. Ek het in die woordeboek gekyk wat “intimidasi­e” beteken. Dit beteken om bang te maak of skrik aan te jaag.

Ek meen in hierdie kritieke tyd in Suid-Afrika moet ons versigtig wees om nie deur die leuens van die duiwel geïntimide­er te word nie. Daardie koning van Sirië is uiteindeli­k verslaan en verwoes omdat hy die vermetelhe­id gehad het om die God van Israel uit te daag. En enigiemand wat die Here God uitdaag, verloor altyd en sal altyd verslaan word.

Die beste manier om intimidasi­e die stryd aan te sê, is deur die geskrewe Woord van God. As ons ons oog op Jesus, die Skrywer en Voleinder van ons geloof, hou, is ons “meer as oorwinnaar­s deur Hom wat vir ons liefhet”, soos die Bybel dit duidelik in Romeine 8:37 stel.

So loop ons as volgelinge van Christus met geloof; nie met sig nie. Dit is die beste manier om enige boelie of lafaard te weerstaan wat probeer om ons in ons boerdery en in ons leefstyl vir God te intimideer.

Dus, kom ons praat oor die lewe en nie oor die dood nie, ondanks die afbrekende woorde van intimidasi­e wat oor ons geliefde Suid-Afrika uitgespree­k word.

Mag God jou seën terwyl jy voortgaan om te boer en baie tyd bestee om die Woord van God, ons landbouhan­dleiding, te lees. Lekker boer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa