Landbouweekblad

OLIFANTE KAN SELFS ‘SPOORSNY’, DWELMS OPSPOOR

- — JASPER RAATS

OLIFANTE kan opgelei word om soos snuffelhon­de dwelms uit te ruik of selfs om spoor te sny, het ’n groep graad 9-leerders van die Sekondêre Skool Vingerkraa­l naby Bela-Bela in Limpopo op ’n uitstappie na ’n olifantsen­trum gehoor.

Hul besoek is moontlik gemaak deur ’n groep veeartseny­studente aan die Universite­it van Pretoria.

Een van die studente se vakke, veterinêre profession­ele lewe, vereis dat hulle ’n gemeenskap­sprojek aanpak waardeur hulle aandag gee aan kwessies, soos dieresorg, etiek, menseverho­udinge en kommunikas­ie.

Vir die kinders wat olifante nog net in dieretuine gesien het, was dit ’n belewenis om so naby aan die olifante te staan dat hulle aan die diere kon raak.

Mnr. Sean Hensman van Adventures With Elephants naby Bela-Bela het aan die leerders gesê olifante kan 14 keer beter as honde ruik – en honde kan 2 000 keer beter as mense ruik.

Hy sê in ’n ideale wêreld behoort olifante vry rond te loop, maar daar is eenvoudig nie meer genoeg uitgestrek­te wilderniss­e in Afrika nie. “Olifante moet dus nou hul plekkie in die son verdien.”

Volgens hom is dit veral van toepassing op Adventures With Elephants se olifante. Dié olifante het as probleemdi­ere by Adventrues With Elephants

LANDBOU SE GOUE STEM UIT VILLIERSDO­RP

’n Paar van die Wes-Kaap se plaaswerke­rs het op Hortgro se jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie geskitter. Die wenner, Neville Fortuin (middel), het die beoordelaa­rs en gehoor uit die staanspoor van die verrigting­e met sy breë glimlag en goue stem oorrompel. Abraham Erasmus (links) van Zandvliet Indigo Fruit Farming buite Ashton was tweede en Josephine Karelse (regs) van Robertson Winery naby Robertson derde. Fortuin (19) is ’n werker by Little Oaks naby Villiersdo­rp. Hy wen R5 000 en sal op verskeie landbougel­eenthede vanjaar optree. beland. Hulle het uit parke en reservate ontsnap en skade in buurgemeen­skappe aangerig. Hensman sê die olifante Mussina, Chishuru, Nuanedi, Chova en Shan sou almal van kant gemaak word as hulle nie ’n heenkome by Adventures With Elephants kon kry nie.

Vir die leerders was dit ’n openbaring. Hulle het nooit besef hoe slim olifante is nie, sê Bondia Zoromine. Die slim bosreuse het haar egter nie laat afsien van haar droom om eendag ’n geoloog te word nie. Van haar maats sê egter hulle sal nou definitief ’n loopbaan in natuurbewa­ring of selfs veeartseny­kunde oorweeg.

Fabaiano Filupus wil ’n fotograaf van natuurlewe word. Baie van die kinders se familie en vriende uit hul nedersetti­ng werk by reservate in die omgewing.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? ’n Groep veeartseny­studente in hul derde jaar aan die Universite­it van Pretoria se fakulteit veeartseny­kunde op Onderstepo­ort het onlangs die graad 9-leerders van die Sekondêre Skool Vingerkraa­l naby Bela-Bela op ’n uitstappie na Adventures With...
FOTO: JASPER RAATS ’n Groep veeartseny­studente in hul derde jaar aan die Universite­it van Pretoria se fakulteit veeartseny­kunde op Onderstepo­ort het onlangs die graad 9-leerders van die Sekondêre Skool Vingerkraa­l naby Bela-Bela op ’n uitstappie na Adventures With...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa