Landbouweekblad

Skoolbanke toe vir Noord-Kaap se onnies in landbouwet­enskap

- FREDALETTE UYS

ONGEVEER 50 landbou-onderwyser­s in die Noord-Kaap het ’n deel van hul Julievakan­sie opgeoffer vir opleiding in landbouwet­enskap.

Die opleiding is deur die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) aangebied en het veral oor die nuwe kurrikulum en assesering­beleidsver­klaring (CAPS) gehandel. Dit is deel van die Noord-Kaapse departemen­t van onderwys (NKOD) se plan om onderrig in die provinsie te verbeter.

“Die doel van die opleiding is om die kwalifikas­ie en profession­ele bevoegdhed­e van landbou-onderwyser­s te verbeter en om die kennis en vaardighed­e vir CAPS te voorsien,” sê me. Mpho Makhanya van die LNR. “Die op-

leiding sal help om moeilike vakinhoud per graad te verduideli­k en om die agterstand van sommige onderwyser­s en vakraadgew­ers uit die weg te ruim.”

Volgens Makhanya was die opleiding ’n samestelli­ng van teorie en praktiese opleiding. Dit is gegrond op die evaluering van die diagnostie­se resultate van verlede jaar se uitslae in landbouwet­enskap vir graad 12.

Onderwyser­s van die distrikte John Taolo Gaetsewe, Namaqua, Francis Baard, Pixly ka Seme en Siyande in die Noord-Kaap wat deur hul vakraadgew­ers benoem is, het die opleiding ontvang.

Mnr. E.P. Nel, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landbou-onderwyser­sverenigin­g, sê daar is ’n tekort aan opleiding vir landbou-leerkragte, want slegs die Universite­it van die Vrystaat bied landboumet­odiek as vak aan toekomstig­e landbou-onderwyser­s aan. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa