Landbouweekblad

SKAAPVLEIS IN OPWAARTSE TRAJEK

-

OP ’n jaargronds­lag was die prys van skaapvleis teen einde Augustus sowat 10,7% hoër as die ooreenstem­mende maand verlede jaar. Klas A2/A3 het R62,46/kg behaal, terwyl klas C2/C3 gemiddeld R48,63/kg behaal het.

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie, meen die opwaartse neiging in pryse sal voortduur. “Die goeie vraag en hoë pryse wat Australies­e lams en skaapvleis op die internasio­nale mark behaal, ondersteun binnelands­e pryse. Die swakker rand (ná die jongste debakel ten opsigte van mnr. Pravin Gordhan, die Minister van Finansies, en die Valke) maak dit nie net duurder om vleis in te voer nie, maar skep ook uitvoergel­eenthede vir skaapvleis soortgelyk aan wat reeds met beesvleis die geval is.”

’n Opname deur die Universite­it van die Vrystaat het getoon dat sowat 15% vroulike diere van die skaapbevol­king weens die nadraai van die El Niñoversky­nsel reeds uit die stelsel verwyder is.

“Die laer aanbod, asook boere wat weer hul kuddes kan opbou, sal druk op die aanbod plaas en pryse ondersteun.”

Schutte sê egter dat die groter invoer van skaapvleis uit Namibië weens die opheffing van sekere protokolle in ’n mate ’n demper op verdere prysstygin­gs kan plaas, maar dat dit gesien moet word as die verloop van normale markkragte.

– THEUNS BOTHA

 ??  ?? INTERNASIO­NAAL:
INTERNASIO­NAAL:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa