Landbouweekblad

GRONDBONE: MARK VIR BOTTER GROEI

-

DIE plaaslike mark vir grondboonb­otter het verlede jaar beduidend gegroei. Die 27 641 ton wat verlede jaar verbruik is, is 15% meer as in 2005, sê mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbousak­e-inligting van die landbousak­ekamer Agbiz.

Oor ‘n langer tydperk het die mark vir grondboonb­otter relatief stabiel op 24 000 ton per jaar gebly, terwyl die mark vir die neute self weens verbruiker­s se pryssensit­iwiteit kleiner geword het.

Sihlobo het in ‘n inligtings­tuk gesê die mark vir neute het van 2005 tot 2011 redelik dieselfde gebly, maar vanaf 2012 tot 2015 met 46% gekrimp weens stygende pryse. Die prys van Suid-Afrikaanse keurgraadg­rondbone het van 2000 tot 2010 met 57% gestyg.

Internasio­nale pryse het in dieselfde tyd met sowat 45% gestyg, sê Sihlobo.

Van 2010 tot vroeg 2016 het internasio­nale pryse met slegs 5% gestyg, terwyl plaaslike pryse vir keurgraad-grondbone met 109% van R5 500/ton tot R11 500/ton gestyg het.

Internasio­naal het grondboonb­oere hul produksie tussen 2010 en 2014 met sowat 5% verhoog, maar in Suid-Afrika het produksie oor ‘n aantal jare gedaal.

Sihlobo sê die totale grondboon-oes sal vanjaar na verwagting weens die droogte op ‘n jaargronds­lag met 49% tot 31 600 ton daal.

– CARIEN KRUGER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa