Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

SITRUSVRIE­NDELIK

Suid-Afrika se tariefvrye­tydperk vir uitvoer na die Europese Unie (EU), wat tans jaarliks op 16 Oktober tot ’n einde kom en daarna tot 16% styg, gaan oor die volgende 10 jaar geleidelik langer word. Dit is volgens ’n nuwe samewerkin­gsooreenko­ms tussen die Suider-Afrikaanse Doeane-unie en die EU wat binnekort onderteken word. Volgens mnr. Justin Chadwick van die SA Sitruskwek­ersverenig­ing sal die tariefvrye­tydperk tot einde November duur en die tarief sal jaarliks met 1,8 persentasi­epunt daal. Oor tien jaar sal die tarief dan nul wees.

MEGA-MALUMA

Maluma-avokado’s toon groot potensiaal in droogtetoe­stande, berig Fresh Fruit

Portal. Dr. André Ernst, eienaar van die Allerbeste-kwekery buite Tzaneen, sê heelwat boere stel belang in dié kultivar omdat dit groter vrugte lewer as Hass. Dit is ’n groot voordeel in gebiede wat vatbaar vir droogte is. Hy sê vanjaar het 40% tot 60% van die Hass-oes se vrugte 200 g of minder geweeg, maar Malumas het nie dié probleem gehad nie. Omdat daar so ’n groot verskil tussen normale grootte en klein avokado’s is, kan ’n boer met Malumas meer per hektaar verdien as met Hass.

DRAADSITTE­RS

Die Regering gaan nie kant kies tussen Brittanje en die Europese Unie (EU) as handelsven­note ná Brexit nie, het die Parlement se portefeulj­ekomitee vir internasio­nale betrekking­e en samewerkin­g verlede week gesê. Die Regering ondersoek ná die Brexit-stem verskeie opsies om handelsbet­rekkinge met Brittanje te beskerm. ’n Kwart van Suid-Afrika se landbou-uitvoer gaan daarheen. Die komitee het aanbeveel dat die Regering so gou moontlik met die Britse regering vergader. (Sien ook die berig op bl. 22.)

WILD-KUIER

Die geleenthei­d A Wildlife and Wine Affair, wat op 24 en 25 September by die Leriba-hotel-en-spa plaasvind, bied iets vir die hele gesin. Deel van die opbrengs gaan aan Agri SA se droogteram­pfonds. Kom kyk na talle wildsplase, ekotoerism­ebestemmin­gs en wynplase se aanbieding­e, smul aan wildsvleis­geregte en proe van die land se beste wyn. Die ereveldwag­ters van Sanparke bied ook wegbreek- en werksessie­s aan. Landbouwee­kblad gee vier kaartjies weg. Stuur jou naam en kontakbeso­nderhede aan

Rechelle.Jarrett@media24.com en merk dit Wildlife & Wine Affair-kaartjies. Wenners sal die week voor die fees gekontak word. Kaartjies kos R185 en kinders jonger as 12 jaar kry gratis toegang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa