Landbouweekblad

SLANG IN DIE GRASMET KORINGTARI­EF

- Landbouwee­kblad,

Die artikel “Koringtari­ef nou byna R1 600/ton – Meulenaars bekommerd” (LBW, 2 Sept.) het betrekking. Hier is ’n slang in die gras. Dit wil voorkom of die meulenaars agter die vier maande lange vertraging in die afkondigin­g van die gewysigde koringtari­ef sit. Die meulenaars is besig met ’n kortsigtig­e en baie gevaarlike veldtog wat die afskaffing van die koringtari­ef ten doel het. Hulle is besig om die publiek gruwelik te mislei met hul stellings, onder meer dat “die nuwe tarief die broodprys met 99,5 sent sal verhoog”.

Die doel van die invoertari­ef op koring is om die speelveld gelyk te maak. Die doel is om Suid-Afrikaanse boere te beskerm teen koringinvo­er uit lande waar boere op verskeie maniere gesubsidie­er word om koring te verbou.

Die werking van die formule is sodanig dat dit slegs ’n vloerprys vir ingevoerde koring daarstel en dan daardie vloerprys handhaaf. Dit kan geen styging vanaf daardie vloerprys veroorsaak nie. Die invoer-vloerprys is dus steeds op dieselfde wisselkoer­s-gegronde prysvlak as die eerste dag van twee jaar gelede, toe dit ingestel is.

Suid-Afrikaanse koringboer­e se belangriks­te produksiem­iddele is ingevoerde produkte, soos kunsmis, diesel, chemikalie­ë en werktuie, wat in dollar geprys word. Dit is dus geregverdi­g dat die invoertari­ef ook ’n wisselkoer­s-gegronde dollarprys moet wees indien jy wil hê koringboer­e se inset- en uitsetprys­e moet met mekaar tred hou.

Meulenaars kan dalk aan die publiek voorhou dat hulle “bekommerd is oor voedselsek­erheid en broodprysi­nflasie”, maar ek is seker hulle het slegs een doel voor oë: Hoër winsmarges vir hulself.

Het enige van ons al ’n daling in broodpryse ervaar saam met GOUDGEEL IN DIE BLOM . . . die dalings in die koringprys?

Die meulenaars is bereid om die Suid-Afrikaanse verbruiker se hard verdiende geld te laat vloei na sosialisti­ese lande, soos Rusland en Kazakstan, waar boere nie ingevolge vryemarkbe­ginsels boer nie, of lande, soos Amerika en Duitsland, waar boere se produksiek­oste op verskeie verskuilde maniere gesubsidie­er word. Hulle kon die geld letterlik teruggeplo­eg het in die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar hulle skep eerder meer “room” vir hulself af.

Hul noem dat die invoertari­ef ’n “las van R3,2 miljard op voedselver­werkers plaas” (wat na die staatskas gaan), maar is bereid om meer as R10 miljard in ’n ander land se ekonomie te stort om hul eie aankope goedkoper te kan doen.

Daar is ongeveer 3 500 koringprod­usente in Suid-Afrika wat werk aan 30 000 mense verskaf, teenoor 35 meulens wat werk aan 3 000 mense verskaf (volgens die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye). Indien die tariefbesk­erming vir koring verlaag of afgeskaf word, sal koringprod­uksie in Suid-Afrika doodgewurg word. Dit sal verder afneem tot die punt waar die land totaal afhanklik van ingevoerde koring sal wees (meer as die 50% tans).

Die koopkrag van die rand Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,

Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.

Vandeeswee­k se wenbrief is deur Hennie Visser geskryf. sal nog ’n groter invloed op die broodprys en die verbruiker se sak hê, Suid-Afrika sal nog minder voedselsek­erheid en nog meer werksverli­ese hê, daar sal meer druk op die land se hawens en paaie wees en Suid-Afrika sal nog armer wees omdat nog meer geld uit die land sal vloei.

KUNSMATIGE MARK

Die argument dat die koringinvo­ertarief nie tot ’n verhoging in koringprod­uksie lei nie, word ook telkens as ’n rede aangevoer waarom die tarief nie gebruik moet word nie.

Wanneer jy ’n mark kunsmatig sentralise­er en jy stel ’n kunsmatige vervoerkos­te-aftrekking na daardie sentrale punt in, wat jy dan slegs van toepassing maak op die produsente van die betrokke kommoditei­t, veroorsaak jy dat die werklike marksituas­ie nie weerspieël word nie. Gevolglik trek jy die vraag-en-aanbod-meganisme só skeef dat produksie net tot by ’n gelykspeel­vlak vir daardie kunsmatig geskepte mark sal ontwikkel en nie ’n duit verder nie. Dít is die gevolg van die JSE se termynkont­rak vir ko-

 ??  ?? Die laatwinter en vroeë lente is sowaar die mooiste tyd van die jaar in die Overberg. Me. Alma Neethling van die plaas Potteberg, naby Bredasdorp, het dié foto van haar man, Niel, en seun, Johan, in ’n land kanola ingestuur.
Die laatwinter en vroeë lente is sowaar die mooiste tyd van die jaar in die Overberg. Me. Alma Neethling van die plaas Potteberg, naby Bredasdorp, het dié foto van haar man, Niel, en seun, Johan, in ’n land kanola ingestuur.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa