Landbouweekblad

Boere as aktiviste

-

’N MAN vir wie Manie oor baie jare groot respek gekry het, het verlede week goeie raad vir Suid-Afrikaanse boere gehad.

Brand Pretorius, wat as uitvoerend­e hoof van McCarthy Beperk die motorreus in die vroeë 2000’s van geldelike ondergang gered het, het op Agri Noordwes se jaarlikse kongres op Lichtenbur­g gepraat oor ’n omdraai-strategie vir die landbou vanuit ’n besigheids­perspektie­f.

Hy sê boere moet nie passief wees nie, maar konstrukti­ewe aktiviste word wat uit een mond praat. Die feit dat die landbou nie met een stem praat nie, skep vir boere ’n vyandige omgewing.

’n Mens mag maar na hom luister. Toe hy in 2001 die leisels by McCarthy oorgeneem het, was die maatskappy tegnies insolvent met 15 000 werknemers wat hul werk sou verloor het, en R1,5 miljard skuld aan banke. Ná drie jaar was die maatskappy skuldvry en 8 000 werksgelee­nthede is gered.

“In die motorbedry­f het ons gaan kyk na voorbeelde in ander lande en besluit om met een stem met die Regering te onderhande­l. Ons het gesê ons sal beleggings lok en werk skep, en die Regering het geluister en ’n gunstige beleidsomg­ewing geskep,” vertel hy.

Die resultaat was dat oor die afgelope tien jaar meer as R50 miljard in die plaaslike motorbedry­f belê is. Vanjaar sal 600 000 voertuie in Suid-Afrika gebou word. Daarvan is 370 000 vir die buiteland bestem, sê hy.

Pretorius sê boere leef in ’n komplekse, uitdagende omgewing. “Twee belangrike gevolgtrek­kings is dat dit moeilik is om die toekoms akkuraat te bepaal en dat dinge nog nooit so vinnig so ingrypend verander het soos deesdae nie.”

Daarom lê die uitdaging daarin om aan te pas by die veranderen­de omgewing, maar terselfder­tyd te bly presteer in ’n hoogs mededingen­de wêreld. “Dit is ’n nuwe normaal. Ons kan nie wag vir die storm om verby te gaan nie. Ons sal moet leer om in die reën te dans.”

STOP DIE NONSIES!

So van saamstaan gepraat. Manie help om ’n waterinlig­tingsdag by die Agri Megaweek by Bredasdorp te reël. Hy kry toe ’n uitstekend­e spreker in die hande wat kan praat oor die voorste tegnologie wat die Suid-Kaapse graanboer kan help om baie doeltreffe­nder met water te werk – ’n senior direkteur by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou.

’n Paar dae later laat weet die man hy kan nie meer praat nie – niemand in die departemen­t mag Agri Megaweek bywoon nie.

By navraag bevestig ’n woordvoerd­er van die departemen­t toe dat die departemen­t inderdaad nie meer by Agri Megaweek betrokke is nie. En, voeg hy by, hy kan niks verder sê nie, want daar kom regsaksie tussen die departemen­t en Agri Megaweek se organiseer­ders.

Nou Manie weet nie wat die . . . amper sê Manie k*k . . . is nie en Manie stel ook nie belang nie. Maar Manie wil net vir die betrokke partye sê, sorteer julle nonsies uit, want die landbou kan nie sulke kinderagti­ghede bekostig nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa