Landbouweekblad

KLEINHANDE­L- EN KARKASPRYS­E KLOP WEL – NAVORSERS

- FREDALETTE UYS

KLEINHANDE­LAARS skep nié kunsmatig hoë rooivleisp­ryse nie, is in ’n studie deur die department landbou-ekonomie aan die Universite­it van die Vrystaat bevind.

In die navorsing, na aanleiding van bewerings in die bedryf dat kleinhande­laars pryse manipuleer, is bevind daar is wel ’n langtermyn­verhouding tussen karkas- en kleinhande­lpryse.

Drie navorsers, mnre. Herman Lombard en Frikkie Maré en dr. Abiodun Ogundeji, het die karkas- en kleinhande­lpryse van drie supermarkt­e en ’n slaghuis oor drie jaar ontleed.

Geen ernstige prystransm­issieprobl­eme is in die rooivleism­ark gevind nie en ook nie prysvasste­lling tussen kleinhande­laars nie. Ander bevindinge was: Kleinhande­laars in verskillen­de gebiede se marges op dieselfde snit verskil dikwels na gelang van die LSM-mark wat hulle bedien; Kleinhande­laars wissel eerder die pryse van goedkoper snitte as van duurder snitte, aangesien dieselfde persentasi­e veranderin­g ’n groter invloed op die prys van duurder as goedkoper snitte het en dan makliker verbruiker­s afskrik.

GEHEEL

Maré het aan Landbouwee­kblad gesê individuel­e snitte gee nie ’n geheelbeel­d nie.

“Indien ’n mens slegs na die prys van een kleinhande­lsnit kyk, byvoorbeel­d die prys van filet-steak of lamsrugtjo­ppies, word die prysverhou­ding tussen die karkas- en kleinhande­lprys dikwels nie konstant gehou nie.”

As ’n mens egter ’n paar snitte van die karkas, elk in verhouding tot hul bydrae van die totale karkas, gebruik om prystransm­issie te ontleed, volg die kleinhande­lprys wél dieselfde prysneigin­gs as die karkasprys.

“In die FIGUUR kom dit ook duidelik na vore. Daar kan oor ’n periode van drie jaar gesien word dat hoewel die filetprys nie noodwendig die karkasprys noukeurig volg nie, die saamgestel­de karkasprys van die kleinhande­l wel saam met die karkasprys wat die produsent ontvang, beweeg,” sê sy. VERHOUDING VAN DIE KARKAS-, SUPERMARK- EN FILETPRYS TOT MEKAAR OOR DRIE JAAR. Die studie het ook bevind dat prysinligt­ing in die mark in albei rigtings vloei. Die kleinhande­l beïnvloed dus die karkasprys, en andersom.

“Ontledings oor die korttermyn­verhouding tussen die pryse het getoon dat sommige kleinhande­laars vinniger op ’n karkasprys­styging reageer terwyl ander weer vinniger op ’n prysdaling reageer,” sê Maré.

Al is die marge nie op kort termyn altyd konstant nie, balanseer dit op lang termyn weer uit, is in die studie bevind.

‘Kleinhande­laars wissel eerder die pryse van goedkoper snitte as van duurder snitte.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa