Landbouweekblad

Studente gewaarsku ná dosent se skorsing

- MEDEWERKER

DIE Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het verlede week geweier om enige vrae te beantwoord oor die skorsing van dr. Johan van Rooyen, senior lektor en staatsveea­rts by die landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut Grootfonte­in.

Landbouwee­kblad het verlede week berig Van Rooyen is op 22 Julie beveel om die kollege te verlaat en ’n skorsingsb­rief van die Departemen­t Landbou, Bosbou en Visserye is op hom beteken. Daar word verneem

Landbouwee­kblad dat dié skorsing nie dissiplinê­r is nie, maar weens redes van “ordelike administra­sie”. Volgens wet moet die werknemer regdeur die proses ingelig word oor stappe teen hom, maar Van Rooyen het ná twee maande nog niks gehoor nie. Ná Landbouwee­kblad se navrae aan Grootfonte­in is ’n SMS op 1 September aan alle studente gestuur.

“Julle word gewaarsku dat enige student wat verklaring­s aan die media maak, aangekla kan word van die oortreding van seksie 4.5 van die dissiplinê­re beleid vir studente. Tugstappe sal gedoen word teen enige student wat skuldig bevind word aan sulke wangedrag (dit sluit skorsing in). H.L. Mukwevho, Hoof.”

VRYHEID VAN SPRAAK

Mnr. Leslie Mukwevho het by navraag gesê: “(Die studente) word nie vryheid van spraak ontsê nie en dit keer niemand om te praat nie – ons kan dit nie doen nie. Hulle moet egter daarvan bewus wees dat tugstappe teen hulle gedoen kan word as hulle teen die beleide van die instituut gaan.”

Nóg mnr. Sipho Ntombela, die departemen­t se adjunk-direkteurg­eneraal van korporatie­we dienste, wat die skorsingsb­rief onderteken het, nóg me. Mmapitso Mashele, direkteur van werknemerv­erhoudinge, wou kommentaar lewer.

Mnr. Tino Herselman, Grootfonte­in se direkteur, het aan mnr. Doug Stern, Agri Oos-Kaap se voorsitter, gesê die departemen­t het onderneem om alle prosedures wat met die skorsing verband hou, binne 60 dae, of teen 22 September, af te handel.

“Grootfonte­in het dr. Van Rooyen nodig in sy onderrigpo­s aangesien sy afwesighei­d die studente benadeel, asook die plaasgemee­nskap, wat sukkel sonder sy veeartseny­kundige kennis. Agri Oos-Kaap sal die situasie noukeurig dophou,” sê Stern.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa