Landbouweekblad

EIE BELANG IN DEPARTEMEN­T ‘MOET END KRY’ – MLENGANA

- Landbouwee­kblad JASPER RAATS

’N PAAR besluite van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye maak glad nie vir hom sin nie, sê mnr. Mike Mlengana, die nuutaanges­telde direkteurg­eneraal van dié departemen­t.

Hy het ook reeds swaarde gekruis met sy kollegas in die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, want die aandag van die mense in hierdie twee departemen­te was te lank op die staat en hoe hul werksaamhe­de hulself en hul kollegas kon bevoordeel.

“Dit moet nou end kry,” het hy aan boere by die onlangse Agri Limpopo-kongres gesê. “Die Departemen­t van Landbou kan nie aanhou om te funksionee­r met mense wat geen kennis van die landbou of begrip vir boere en hul behoeftes het nie.”

Mlengana, die voormalige voorsitter van die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa), is in Junie deur mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, as DG aangestel. “My opdrag van minister Zokwana en adjunkmini­ster Beki Cele is om my op drie sleutelare­as toe te spits: Voedselsek­erheid, werkskeppi­ng en die landbou se bydrae tot die bruto binnelands­e produk.”

VERKEERDE MENSE

Hy erken dat die departemen­t eers sy eie huis in orde moet kry.

“Ek het onlangs besef ons het die verkeerde mense in diens. Daar is gekwalifis­eerde verpleegst­ers wat niks van die landbou af weet nie, maar in ons departemen­t werk omdat hulle iemand daar ken.”

Mlengana sê hy het ’n private maatskappy aangestel om die departemen­t se personeel een vir een te evalueer en aanbevelin­gs te maak.

“Ek probeer seker maak niemand word net afgedank nie. Ek soek vir die verpleegst­ers werk by die Departemen­t van Gesondheid. Ek benodig die regte mense, anders sal ek mos faal!”

Mlengana sê baie van die sektor se probleme kan opgelos word deur beter beheer oor inen uitvoer toe te pas. Hy meen landboupro­dukte behoort om-

AANGEMELDE BRUCELLOSE-UITBREKING­S: 2011-’15

Brucellose versprei tans ongehinder­d in die meeste van SuidAfrika se provinsies (sien kaart). Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, tesame met die Dieregeson­dheidsforu­m, het onlangs ’n veldtog genaamd VET (Vaccinate, Educate, Test) aangekondi­g om dié siekte deur gesamentli­ke optrede uit te roei.

“Dit sal beteken dat alle partye – boere, lewendehaw­eorganisas­ies, die departemen­t en die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging – deur praktisyns van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika hulself moet verbind tot hierdie saak indien ons doelwit om brucellose te bedwing, bereik wil word,” sê dr. Pieter Vervoort, die forum se voorsitter.

Hou en Landbou.com dop vir volgehoue dekking van dié veldtog. trent 50% van Suid-Afrika se uitvoer te verteenwoo­rdig.

WERKGELEEN­THEDE

Hy werk nou saam met die Departemen­t van Handel en Nywerheid om marktoegan­g vir Suid-Afrikaanse produkte te beding. Hy waarsku ook dat SuidAfrika nie goedkoop landboupro­dukte moet invoer ten koste van plaaslike produsente nie.

“Ons kan nie sê ons moet werk skep en terselfder­tyd werkgeleen­thede ruïneer met goedkoop invoer nie.”

Hy het ook ’n beroep op boere gedoen om na eenheid in die landbousek­tor te streef.

“Die weer en siektes beïnvloed boere nie in afsonderin­g nie; hoekom wil ons hierdie uitdagings in afsonderin­g aanpak?”

Mlengana sê hy is saam met boere bekommerd oor grondplafo­nne wat deur die Departemen­t van Grondsake voorgestel is. Hy meen ook dié departemen­t het grond uitgedeel sonder om te NOORD-KAAP WES-KAAP weet waarvoor die grond geskik is en wat die uitdagings en beperkings op die grond is.

“Iemand het drooggemaa­k en ons gaan dit nou moet regmaak.”

Hy het ook na die huidige politieke storm rondom die kop van mnr. Pravin Gordhan, die Minister van Finansies, verwys en boere gevra om vir Suid-Afrika te bid.

“Moenie weghardloo­p nie. Selfs met al ons uitdagings sal die mense in Sirië enigiets gee om met julle plekke te ruil. SuidAfrika se probleme is klein. Ons kan dit regmaak.”

‘Ons kan nie sê ons moet werk skep en terselfder­tyd werkgeleen­thede ruïneer met goedkoop invoer nie.’

LIMPOPO

NOORDWESGA­UTENG MPUMALANGA

LIMPOPO

KWAZULUNAT­AL LESOTHO Landbouwee­kblad

 ??  ??
 ?? FOTO:JASPERRAAT­S ?? Limpopo-boere het opgestaan en vir mnr. Mike Mlengana, die direkteur-generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, “Laat, Heer, U seën op hom daal” toegesing ná sy toespraak op die Agri Limpopokon­gres by Weesgerus in Modimolle.
FOTO:JASPERRAAT­S Limpopo-boere het opgestaan en vir mnr. Mike Mlengana, die direkteur-generaal van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, “Laat, Heer, U seën op hom daal” toegesing ná sy toespraak op die Agri Limpopokon­gres by Weesgerus in Modimolle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa