Landbouweekblad

BOERE MAAK HUL STEM DIK

- THEUNS BOTHA

NÁ die teleurstel­lende openingsve­iling van die winter twee weke gelede toe die prys van sterk bokhaar met 32% getuimel het teenoor die laaste veiling in Mei, het produsente besluit om hul reserwevla­kke op die jongste veiling uit te oefen.

Dit het daartoe gelei dat net 4% van die sowat 60 000 kg sterk haar op die veiling verkoop is.

’n Relatief groot deel van die sterk haar is egter ná die veiling deur makelaars verkoop. Hulle het pryse behaal wat sowat 5% hoër was vergeleke met wat kopers bereid was om op die eerste veiling van die winter te betaal. Van die nagenoeg 179 000 kg haar wat op die veiling aangebied is, is net 51,6% teen R16,7 miljoen verkoop.

Volgens Sybokhaar SA het kleinbokki­ehaar se prys met 5% gestyg tot R291/kg, jongbokhaa­r was 3% duurder op R236,43/ kg en fyn grootbokha­ar wat teen R204,55/kg verkoop het, sepryswas1­0%hoërasopdi­e openingsve­iling.

ONSEKERHEI­D

Mnr. Pierre van der Vyver, bestuurder van die bokhaarafd­e- ling by OVK/CMW, sê die swak vertoning van sterk bokhaar is weens onsekerhei­d in die Chinese mark – die belangriks­te koper in dié segment.

“Die politieke onsekerhei­d (in Suid-Afrika) en die gepaardgaa­nde skommeling in die waarde van die rand bemoeilik die finansiële beplanning op lang termyn vir verwerkers.”

Die grootste kopers op die veiling was Samil (293 bale), Stucken (284 bale) en Mosenthals wat 102 bale gekoop het. Die volgende veiling is op 27 September. –

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Net 4% van die sowat 60 000 kg sterk haar is op die afgelope veiling verkoop.
FOTO: THEUNS BOTHA Net 4% van die sowat 60 000 kg sterk haar is op die afgelope veiling verkoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa