Landbouweekblad

Gifhouer-oudit kan jou duur te staan kom

- LUCILLE BOTHA

BOERE wat nalaat om leë plaagdoder­houers drie keer uit te spoel en op te sny, kan swaar strawwe verwag en selfs hul uitvoersta­tus of plaaslike markaandee­l verloor indien owerhede dit uitvind.

Sertifiser­ingsliggam­e en die Regering se ouditeure besoek tans plase waar leë plastiek-plaagdoder­houers gebruik, opgeberg en verwerk word.

Dit volg nadat verskeie plastiekve­rwerkers by die Plant-

beskerming­s- en Dieregeson­dheidsvere­niging (Avcasa) gaan kla het omdat houers nie ordentlik gespoel word nie. Die organisasi­e maan dat houers wat nie reg op die plaas gehanteer word nie, nie vir herwinning verwyder sal word nie.

“Goedgekeur­de plastiekve­rwerkers word nie verplig om ’n diens aan boere te lewer as hulle nie leë houers drie keer uitspoel nie,” sê die organisasi­e in ’n verklaring. “Sulke houers bly die boere se aanspreekl­ikheid en sal nie versamel of ontvang word vir herwinning nie. Hulle mag ook nie met normale padvervoer vervoer word nie, maar slegs deur gesertifis­eerde

vervoermaa­tskappye.”

Mnr. Tom Mabesa, uitvoerend­e direkteur van Avcasa, sê uitvoerboe­re doen gewoonlik hul bes om die wet te volg, maar hulle moet steeds aan ouditeure bewys dat hulle dinge reg doen.

“Plase – veral in die uitvoerbed­ryf – regoor die land word besoek as deel van die ouditprose­s. Daar is nie ’n direkte finansiële implikasie nie, maar jy kan jou mark verloor.”

MAAK SÓ

Kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsb­estuur: Afval (Wet no. 59 van 2008), asook internasio­nale riglyne vir verantwoor­delike boerdery, moet leë houers

drie keer opeenvolge­nde met ’n kwart van die houervolum­e vars water gespoel word. Die spoelwater moet in ’n spuittenk oorgegiet word. Na dit uitgespoel is, moet die houer in kwarte gesny word of vol gate gekap word. Dit moet droog wees voor dit herwin kan word. “Die leë houers mag nie hergebruik, weggedoen of verkoop word om enige ander produk in te hou nie.”

Die houers mag ook net opgeberg word op ’n terrein met ’n lisensie vir die opberging van gevaarlike afval. Dit word egter nie meer as gevaarlike afval beskou as dit drie keer gespoel, opgesny en droog is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa