Landbouweekblad

VARKVLEIS | Invoer styg skerp

-

Verlede jaar is altesame 35 000 ton varkvleis van Duitsland, Spanje en Kanada ingevoer, teenoor die net minder as 18 500 ton in 2014, het mnr. Pieter de Jager, voorsitter van die Kaaplandse Varkvleisp­rodusente-vereniging (KVPO), op dié organisasi­e se laaste jaarvergad­ering in die Paarl gesê. Alle provinsial­e produsente-organisasi­es word ná 21 Oktober onder die Suid-Afrikaanse Varkvleisp­rodusente-organisasi­e (Savpo) geïnkorpor­eer.

Na verwagting sal die verbruik van varkvleis weens toenemende verstedeli­king in Suid-Afrika oor die volgende 10 jaar met 37% groei.

De Jager sê die besluit dat Amerika ingevolge sy wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) varkvleis na Suid-Afrika mag uitvoer, was ’n ‘politieke’ besluit. Daar is egter kommer oor die biosekurit­eit-risiko’s wat dit vir die plaaslike bedryf inhou. Savpo staan dié besluit teen en wag vir regsadvies daaroor.

Die bedryf is ook bekommerd oor die uitbreking van Afrika-varkgriep. Die siekte versprei onder meer deur besmette vlakvarke wat buite die provinsie geskiet is en hul karkasse wat met luise en al die provinsie binnegebri­ng word.

“Savpo wil hê soveel moontlik plase moet komparteme­ntaliseer – dit is bloot nie meer net ’n opsie nie, maar ’n noodsaakli­kheid,” het De Jager gesê. – JOHAN COETSEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa