AANVALLE DAAL; BOERE BLY KWESBAAR
GEWELDSMISDADE is steeds aan die toeneem, toon die nuutste misdaadstatistiek. Moord het met 4,9% gestyg, poging tot moord met 3,4%, aanranding om ernstig te beseer met 0,2%, en roof onder verswarende omstandighede met 2,7%.
Tog wil dit voorkom of die polisie se landelike veiligheidstrategie, wat in 2010 deur genl. Bheki Cele, die destydse nasionale polisiekommissaris,ingestel is, begin vrugte afwerp. Die aantal plaasaanvalle toon sedert die boekjaar 2010 ’11’n afname (sien tabel en grafiek hiernaas).
Dié strategie beoog om landelike veiligheid te versterk deur verhoudinge met landelike gemeenskappe te verbeter, stelsels teen misdaad te vestig en dienslewering te verbeter.
Mnr. Aggrey Mahanjana, hoofsekretaris van Afasa, sê wit kommersiële boere loop meer onder ernstige geweldsmisdade, soos moord en plaasaanvalle, deur as swart kleinboere – moontlik omdat daar minder swart boere in landelike gebiede is.
Swart boere raak egter teikens in gevalle waar die eienaar en sy werkers in ’n dispuut betrokke is. “Dit lei soms tot moorde en verkragting.”
SPANWERK
Volgens mnr. Tommie Esterhuyse, voorsitter van die komitee vir wet en orde by Vrystaat Landbou, is die afname in geweldsmisdade op plase te danke aan die noue samewerking tussen die landbou en die polisie. Heelwat aanvalle is al voorkom deur inligting wat uitgeruil is. Vrystaat Landbou het as deel van sy landelike beveiligingsplan ’n struktuur wat op gelyke vlak met die polisie se strukture loop en ’n plaaswag op elke dorp gevestig.
Só ’n liggaam bestaan uit alle veiligheidskoördineerders van ’n distrik, wat maandeliks met die plaaslike polisie skakel om probleme te bespreek en voorkomend op te tree.
Landelike polisiëring het vroeër vanjaar nóg ’n welkome hupstoot gekry ná die lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende polisiekommissaris, landelike veiligheid geprioritiseer het.
Die polisie se landelike veiligheidstrategie is reeds in die meeste landelike gebiede ingestel, buiten 6 polisiekantore in die Vrystaat, 27 in KwaZuluNatal, 29 in die WesKaap en 28 in Noordwes.
SÓ TEL TLU SA PLAASAANVALLE
Die TLU-SA hou sy eie data oor plaasaanvalle. Hiervolgens was daar die afgelope boekjaar 343 plaasaanvalle en 68 plaasmoorde, teenoor die amptelike statistieke van 446 aanvalle en 49 moorde.
Genl.maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van die TLU-SA, sê hul statistieke is
VEEDIEFSTAL
Een syfer waaroor kenners egter die kop skud, is die 1% afname in veediefstal, wat volgens Mahanjana én mnr. Willie Clack van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum misleidend is omdat boere weens die lae sukses met die vervolging van veediewe en die tydrowendheid van die regsproses nie die misdaad aanmeld nie.
Volgens die amptelike statistiek het veediefstal van 24 965 in 2014 ’15 na 24 715 in 2015 ’16 gedaal. Tog het dié misdaad toegeneem in Gauteng (2,1%), gegrond op die terugvoer van lede en mediaberigte.
“Ons poog ten beste om die insidente in die databasis te bevestig en vereis dat ’n datum, naam en plek aan elkeen gekoppel kan word.”
Hulle vergelyk ook kwartaalliks hul syfers met dié van die polisie, en stel foute reg.
Limpopo (5,4%), Mpumalanga (6,6%), Noordwes (1,2%), die WesKaap (3,6%) en die NoordKaap (0,1%). Dalings is egter aangeteken in die OosKaap (4,6%), Vrystaat (1,7%) en KwaZuluNatal (3,8%).
Clack sê 31,8% van veediefstalle word nie aangemeld nie en 30,2% veeeienaars glo die misdaad is nie belangrik genoeg om by die owerhede aan te meld nie.
Verder gebruik 11,8% van die slagoffers van veediefstal ander metodes om die misdaad op te los.