Landbouweekblad

‘Elliot se misdaadpla­n is voorbeeld vir ander’

- CARIEN KRUGER

DIE manier waarop boere, sakelui, taxi-operateurs en ander inwoners van die Oos-Kaapse dorp Elliot misdaad saam met AfriForum bestry, is ’n model wat ook in ander gemeenskap­pe in Suid-Afrika gebruik kan word.

Só sê dr. Frans Cronjé, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverho­udinge (SAIRV).

Hy het by ’n gesamentli­ke nuuskonfer­ensie van dié instituut en AfriForum gesê dit wat in Elliot gebeur het, wys “misdaad het nie ’n kleur nie. Dit het die hele idee van misdaadbes­tryding verander.”

Cronjé het ’n verslag, Hoe om die oorlog teen misdaad in Suid-Afrika te wen, bekend gestel, waarin ’n nuwe benadering tot gemeenskap­spolisiëri­ng voorgestaa­n word. Dié verslag, deur SAIRV-ontleders, is deur AfriForum gefinansie­r.

Cronjé het gesê hoewel Suid-Afrika se moordsyfer die afgelope 20 jaar met meer as 50% gedaal het, die land steeds een van die gewelddadi­gstes is.

Suid-Afrikaners het drie beskerming­salternati­ewe tot die polisie: Privatiser­ing, eie reg gebruik (vigilante-optrede), en buurtwagsk­emas.

OPSIES

Privatiser­ing vind reeds plaas en private veiligheid­sondernemi­ngs het ’n groot rol in die afname van transitoro­oftogte gespeel, maar weens die koste is sulke dienste net sake-ondernemin­gs en ryk mense beskore.

Die neem van reg in eie hande, in die verslag “township-straatgere­gtigheid” en “vigilantis­me” genoem, “is die sterkste denkbare argument vir diepe en dringende polisieher­vorming, maar dit is nie ’n aanvaarbar­e oplossing vir misdaad nie”.

Mnr. Ian Cameron, hoof van gemeenskap­sveilighei­d by AfriForum, sê enigeen is welkom by hul meer as 80 buurtwagte.

“Ons maak dit baie duidelik dat ons ’n trots Afrikaanse organisasi­e is, maar terselfder­tyd ’n waghond vir alle minderhede . . . ons het swart lede oor die land heen. As enigiemand in ons struktuur rassisties optree, word hy onmiddelli­k geskors,” sê hy luidens die verslag.

DIENSTE

In ruil vir lidmaatska­pgeld van R50/maand rus AfriForum buurtwagle­de met hulpbronne, soos handradios­telle, toe. Hulle ontvang ook regshulp.

Cameron sê lede word onder meer opgelei oor hoe hulle ’n huis moet nader as daar nog verdagtes is, hoe om slagoffers te help, en hoe om nie bewysstukk­e op ’n misdaadton­eel te vernietig nie. Polisiekan­tore werk volgens hom meestal goed met die buurtwagte saam.

Cronjé sê die ideaal is dat plaaslike private sekuriteit­svoorsiene­rs en polisiekan­tore by buurtwagsk­emas betrek word.

In die verslag word daar aanbeveel dat buurtwagte uitbrei en die polisie steeds hervorm word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa