Landbouweekblad

MATHEWS PHOSA Los die politiek en boer saam

-

“ONS is almal hier gebore en gewortel. Dit is tyd om hande te vat en ons kennis aan mekaar oor te dra.”

Só het dr. Mathews Phosa, voormalige premier van Mpumalanga, in Afrikaans aan afgevaardi­gdes by Agri Limpopo se kongres gesê.

Phosa boer met Bonsmaras langs die Glen Alpine-dam in Limpopo. Hy het op Agri Limpopo se kongres by Weesgerus in Modimolle gesê dit breek sy hart om te sien hoe baie grond wat in die restitusie­proses aan swart boere terugbesor­g is, nou niks meer oplewer nie.

“Ons grondhervo­rmingspros­es is besig om voedselsek­erheid te ondermyn,” het hy gesê, en ’n beroep op boere gedoen om te help met grondhervo­rming en die bemagtigin­g van swart boere.

“Dit kan nie weggewens word nie. Ons moet eerder dr. Anton Rupert se raad volg en die emosies oor grond laat staan, en die sakegeleen­thede aangryp wat daarmee verband hou.”

LIMPOPO SÊ NEE VIR ‘KORPORATIS­ERING’

Hierdie resolusies is by die Agri Limpopo-kongres aanvaar: ■ Die Karaanplan moet so gou moontlik geïmplemen­teer word. ■ Agri SA moet sy lede in Afrika se belange beskerm. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Konfederas­ie van Suider-Afrikaanse Landbouuni­es (Sacau), sê Agri SA is huiwerig om landbouakt­iwiteite buite die grense

Hy glo die geheim vir sukses met grondhervo­rming en die bemagtigin­g van opkomende boere lê in vennootska­ppe, iets waartoe Agri Limpopo hom al vir ’n geruime tyd beywer.

Phosa draai nie doekies om oor die probleme wat die magstryd binne die ANC teweegbrin­g nie.

Hy sê egter boere moet klem lê op die geleenthed­e wat SuidAfrika se grondhervo­rmings- en bemagtigin­gsbeleid meebring, pleks van die Regering as ’n bedreiging te sien.

van Suid-Afrika te bevorder. Agri Limpopo voorsien egter dat al hoe meer van sy lede ook buitelands­e belange gaan bykry en dat die ontwikkeli­ng van landboukap­asiteit in die res van Afrika nie ’n slegte ding is nie. ■ Groter samewerkin­g met die TLU SA Noord en die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) word bevestig. Daar is ook ’n gewillighe­id om met alle organisasi­es, ook buite die landbou, saam te werk wat eiendomsre­g en markwaarde­vergoeding

wil verseker. Hoewel Agri SA nie deel is van die ad hockomitee oor eiendomsre­g nie, sit Agri Limpopo op dié komitee saam met onder meer die FW de Klerk-stigting, die Helen Suzman-stigting en die FAK. ■ Agri Limpopo is gekant teen voorstelle om Agri SA se karakter as landbou-unie te vervang met ’n maatskappy­model waar ’n direksie, pleks van mandaat-gebonde verteenwoo­rdigers, besluite neem. Dié organisasi­e bly ’n voorstande­r van ’n federale karakter waar elke provinsie sy eie stem het. ■ Wetgewing moet tydig bearbei word, pleks daarvan om dit agterna in howe te gaan toets. Ná onderhande­ling met tradisione­le owerhede en kerke moet ’n memorandum van verstandho­uding oor toegang tot grafte op plase opgestel word. Mnr. Piet Engelbrech­t, ’n boer van die Marble Hall-omgewing, is aangewys as die organisasi­e se nuwe ondervoors­itter en mnr. Leon Borcherds is onbestrede tot voorsitter herkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa