Landbouweekblad

LOUIS MEINTJES Gebruik waardekett­ing se plan

-

DIE landbou moet sy eie plan aan die Regering voorhou om die bedryf en Suid-Afrika vorentoe te neem, sê mnr. Louis Meintjes, wat verlede week herkies is tot voorsitter van die TLU SA.

Dié organisasi­e se konsepstra­tegie vir volhoubare landbou, wat ’n paar jaar gelede opgestel is, kan as vertrekpun­t dien. Die strategie is reeds verlede jaar by die eenheidsfo­rum vir die landbousek­tor (Asuf) ingedien.

“Almal in die landbou-waardekett­ing moet hulself ernstig afvra of daar onbepaald voortgegaa­n kan word om maar net dít wat die Regering na die landbou projekteer, te aanvaar.

“Indien die waardekett­ing se belanghebb­endes almal saam met ’n konstrukti­ewe plan na vore kom, kan daar genoeg wringkrag wees wat sal help om die landbou na die kruine van Suid-Afrika te neem, en nie na die moerasse, soos dit tans ervaar word, nie.”

Meintjes het die Regering gevra om op te hou om grond as politieke instrument te gebruik “om stemvee te probeer manipuleer”.

“Grond as sulks is nie rykdom nie en beteken weinig indien ’n mens dit nie optimaal benut nie.

“Die beloftes van grond vir almal is onverantwo­ordelik, nie lewensvatb­aar nie en nie in belang van Suid-Afrika en sy mense nie.

“Dit is opvallend dat die meeste grondeise gemik is op die hoëreënval­streke van die land.” Landbou.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa