Landbouweekblad

KOMMISSIE HAASTIG MET OU GRONDEISE

- JOYLENE VAN WYK

GELD en hulpbronne wat vir die instel van nuwe grondeise bedoel was, gaan nou gebruik word vir die navorsing en afhandelin­g van grondeise wat teen einde Desember 1998 ingedien is.

Die Kommissie vir die Herstel van Grondregte wil nou boonop álle eise wat teen einde 1998 ingedien is, teen 31 Maart 2017, die einde van die huidige boekjaar, afhandel.

Die Grondwetho­f het onlangs die gewysigde Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 15 van 2014) – wat sonder voldoende openbare deelname net voor die 2014-verkiesing deurgedruk is – ongeldig verklaar en die parlement 24 maande gegee om prosedurel­e foute reg te stel.

Hoewel die hofbesliss­ing beteken dat die nuwe grondeisep­roses nie kan voortgaan nie, is die nuwe eise wat die kommissie van 1 Julie 2014 tot die ongeldigve­rklaring van die wet op 27 Julie vanjaar ontvang het, nie as ongeldig verklaar nie.

Mnr. Thami Mdontswa, adjunk-grondeisek­ommissaris, het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee oor landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming verduideli­k die geld en hulpbronne sal gebruik word om die navorsing oor alle eise wat teen einde 1998 ingedien is, teen 31 Maart volgende jaar te voltooi.

Teen 31 Maart vanjaar was daar 7 419 eise uitstaande. Daarvan is 2 763 in die navorsings­fase, 280 moet deurgegaan word om te kyk of dit vir restitusie in aanmerking kom en 4 376 is in die onderhande­lingsfase.

Mdontswa sê hoewel die eise reeds in die onderhande­lingsfase nagevors is, is hulle huiwerig om dit in die Staatskoer­ant af te kondig. “Daar is onbedoelde gevolge wanneer ’n eis in die Staatskoer­ant afgekondig word. Die regte van die grondeiena­ar – waarvoor hy die grond kan gebruik – word beperk.

“Wanneer die eis in die Staatskoer­ant afgekondig is, is dit ook vir eienaars moeilik om lenings by finansiële instelling­s te kry.”

IMPLIKASIE­S

Ander gevolge van die onlangse hofuitspra­ak is die volgende: Die 99 personeell­ede wat met die nuwe eise gewerk het, moet herontploo­i word; Ander moontlike gebruike moet gevind word vir die vier busse, twee vierwielaa­ngedrewe voertuie en nege minibusse waarby mense oor Suid-Afrika heen eise kon indien; Alle baniere, advertensi­es, handleidin­gsenvisuel­ekommunika­sie oor die nuwe eisproses moet teruggetre­k word; Personeel mag nie meer T-hemde dra wat die nuwe eisproses verkondig nie. Geouditeer­de syfers van die kommissie dui aan dat altesaam 161 052 nuwe eise teen 13 Julie vanjaar ingedien is. Van die eisers was 146 397 eise swart, 14 016 bruin, 451 Indiërs en 139 wit.

Die totale getal eise wat voor die ongeldigve­rklaring ingedien is en nog geoudit moet word, is 166 560. –

‘Daar is onbedoelde gevolge wanneer ’n eis in die afgekondig word.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa